Afrikaans beweeg inderdaad saam met die tye
Afrikaans beweeg inderdaad saam met die tye

Afrikaans beweeg inderdaad saam met die tye

Errol Hurter
As jy reeds die nuutste, sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) aangeskaf het, sou jy dalk opgemerk het dat daar heel agter in die boek ’n plakker met ’n kode op is. Dié kode gee jou gratis toegang tot die aanlyn weergawe van die HAT vir ses maande. As jy daarna jou intekening wil voortsit, moet jy intekengelde betaal. Die aanlyn HAT is eintlik effens “dikker” as die gedrukte HAT, want ’n ver­sameling verouderde en verdouderende woorde waarvoor daar nie plek in die nuwe gedrukte uitgawe was nie, kan wel op die aanlyn weergawe gevind word. Die relatief onbeperkte ruimte van die elektroniese medium maak dit moontlik om ’n groter deel van die skat van Afrikaanse woorde op rekord en – belangriker – toegank­lik vir die algemene taalgebruiker te hou. Die ander groot voordeel is dat die algemene taalgebruiker enige foute in die HAT aan die uitgewer kan deurgee en dit kan onmiddellik reggestel word, sodat die volgende gebruiker reeds die korrekte weergawe sal gebruik. Besoek gerus die HAT se webtuiste by http://www.longman-hat.co.za. En so gepraat van skatte: Die omvattende Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is ook reeds ’n geruime tyd aanlyn beskikbaar teen ’n baie billike jaarlikse intekentarief. Die adres is http://www.wat.co.za. Die Afrikaanse woordentoesias het waarlik min rede om oor bronne te kla.

Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!