Affies kry ná rustyd oorhand teen Elnatan

Windhoek Gimasium, Tsumeb Gimnasium en Windhoek Hoërskool was die ander wenspanne vir die naweek.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Pupkewitz Haval Elnatan se eerste rugbyspan van Stampriet het Saterdagoggend 'n draai by Affiespark gemaak waar die huidige titelhouer, KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool, die gasheer in die Momentum o.19-premierliga was.

Drie-en-dertig punte sonder antwoord in die tweede helfte het die gasheerspan in staat gestel om die botsing met 40-12 in te palm.

Elnatan wat vroeg in die botsing eerste sy rekening met 'n vyfpunter geopen het, het 'n opwindende eerste helfte met 'n voorsprong van 12-7 afgesluit.

Vir Elnatan het haker DP de Jager en vleuel Hugo Truter agter die doellyn gaan kuier, terwyl binnesenter Corné Esterhuyse twee punte met sy stewel bygevoeg het. Esterhuyse mis egter in die openingsminute met 'n strafskop, asook met sy eerste doelskop.

Vir Affies antwoord die stut Ernst Lowe ná 'n stormramlopie met 'n puik drie en losskakel Jeandré Loubser slaag met sy eerste van vyf doelskoppe om sewe punte op die besoekers in te haal.

Ná rustyd is dit egter 'n ander Affiesspan wat op die veld draf om binne die eerste minuut te gaan druk en ses minute later weer so te maak.

Met die momentum in die guns van die plaaslike span vind sy snellers hul ritme en maak skoonskip in die tweede helfte met 33 punte teen nul.

Elnatan se manne het nooit gaan lê nie en het telkens tot in Affies se kwartgebied gevorder. Die besoekers het met ses strafskoppe binne trefafstand verkies om kantlyn toe te mik. Maar hul lynstane en hanteerwerk het gelol en geen van dié geleenthede het 'n drie opgelewer nie.

Indien hulle 'n paar maal na die pale aangelê het, kon Elnatan se momentum en eindtelling anders gelyk het.

Elnatan was een slag doodseker dat hulle 'n drie gedruk het nadat Affies die bal kort voor die doellyn verloor het. Die skeidsregter beslis egter dat Elnatan die bal aangeslaan het en ken nie die drie toe nie.

In die laaste minuut van die skoon, aanskoulike wedstryd teken Affies sy laaste drie onder die pale aan wat vir 'n welverdiende sege verdoel word.

Vir Affies gaan druk Ernst Lowe, Marius Wessels, kaptein Bernhardt Wessels, Jaco Kotze, Kobus Wilders en Jonathan Hanekom. Jeandré Loubser slaag met vyf doelskoppe.



GIM STUIT PRO-ED IN SPORE

Die Swakopmunders PSG Pro-Ed Akademie het hul seisoen met oorwinnings teen Elnatan en OK Foods Moria afgeskop, maar het Saterdag tweedebeste afgekom, skryf Andrew Poolman.

Die Windhoek Gimnasium Leeus, geborg deur die Schoemans-groep, was op hul tuiswerf met 53-3 aan die wenkant nadat hulle rustyd met 24-3 in beheer van sake was.

Agter die sterker agttal is Gimnasium se losskakel Cornez Liebenberg 'n generaal wat hulle op die voorvoet hou, óf na willekeur akkurate lang aangeë na sy buitespelers uitskiet om die gapings met vaart aan te val. Liebenberg se bydrae was hierdie keer net 'n beskeie vier doelskoppe, maar dit ly geen twyfel watter sleutelrol hy in die rooies se patroon speel nie.

Vir die wenspan het sy vleuels Mell Theunissen en Lyle Beukes, senters Samuel Poulton en Kieron Diergaardt, skrumskakel Jahno du Plessis, slot en kaptein Michael Thuynsma, flank Ethan Rittmann en stut Ethan Thiart (2) die drieë gaan druk.

Pro-Ed se losskakel Godwin Silvanus het in die eerste helfte met een strafdoel geslaag, nadat hy vroeër met 'n makliker poging mis gekorrel het.



WHS WEN RILLER

Net 'n enkele punt het die spanne op Outjo geskei nadat Samsung Windhoek Hoërskool en OK Foods Moria beide desperaat na hul eerste ligasege vir die seisoen op soek was.

WHS het met 29-28 die knoop deurgehaak nadat dit rustyd ewe nael­skraap (22-21) in die Windhoekers se guns was.

Die ligbloues se driedrukkers was vleuels Patrick Karstens en Emil Weder, skrumskakel Tyrese de Wee en stut Daniel Opperman. Losskakel Geraldo Beukes het raak gekorrel met drie doelskoppe en 'n strafdoel.

WHS se afrigter Henry Kemp sê: “DJ Holtzhausen (losskakel van Moria) was weer bitter goed en het sy span op die voorvoet gehou. Vir WHS het haker JC Rossouw en stut Danie Opperman reusewerk gedoen om seker te maak ons span het suiwer balbesit.

“JC Rossouw se drie vyf minute voor die einde toe hy deur vier Moria-verdedigers gebars het om die drie naby genoeg aan die pale te gaan druk, was 'n bepalende oomblik om die doelskop die wenpunte te maak.”



TSUMEB BLY ONOORWONNE

Rubicon Tsumeb Gimnasium se seisoen staan op vier gespeel en vier gewen, met die maroen span wat ook te swaar vir De Duine was om te hanteer.

Tsumeb was met 53-7 oortuigend aan die wenkant teen die nuwelingspan in vanjaar se kompetisie, wat ondanks sy tuisvoordeel op Walvisbaai swaar geleef het.

Die wenspan se driedrukkers was haker Frikkie Engelbrecht, stutte Bernd Beddies (2) en Tinus van Wyk, slotte Pieter-Daan Kok (2) en IJ Grobbelaar, heelagter Lister Cochrane en vleuel Jandre Hayward.

Vier van losskakel Botma Keyser se doelskoppe het die kol getref.

“Ek haal my hoed af vir De Duine se toewyding om in die premierliga hul merk te probeer maak. In die eerste helfte het hulle hard probeer en het 'n opportunistiese drie gedruk (slot Aldrin Majiedt, verdoel deur losskakel Algirnon Kolz) toe ons 'n bal laat val het wat hulle kon deurskop om in die hoek te gaan druk,” sê Tsumeb se afrigter, Wouter Niehaus.

“Veral teen ons agttal het hulle nie genoeg skietgoed gehad nie. As skole-organiseerders het ons besluit dat die afrigters kan ooreenkom om 'n wed­stryd stop te sit sodra die punteverskil veertig is, wat ons omtrent 15 minute ná rustyd bereik het.

“De Duine het tot in daardie stadium steeds trots probeer om hul ding te doen en te keer en ondernemend te speel, maar hulle hele reserwebank was reeds op die veld. Ek glo die besluit is in hierdie geval op die regte tydstip geneem.

“As hulle kan volhou en hul diepte vergroot, kan hulle dalk later hul opponente vir 'n langer tyd besig hou.”

• Een wedstryd is vir komende Dinsdagmiddag om drieuur geskeduleer, naamlik Windhoek Gimnasium se besoek aan Elnatan se tuisdorp Stamp­riet.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%