117 888 uitstaande dagvaardings
Henriette Lamprecht - Die agterstand in kriminele sake het van 1 344 in 2011 met meer as 9 000 in September verlede jaar tot 10 544 gestyg. Die grootste styging was egter vir uitstaande dagvaardings vir mense wat versuim het om in die hof vir ’n verkeersoortreding te verskyn, sowel as dié wat hulle uit die voete gemaak het nadat hulle in kriminele sake op borgtog vrygelaat is.
In ’n kwessie van drie jaar het dit van 24 420 in 2011 tot 117 888 in September verlede jaar gestyg.
Verder het die moorde op vroue aan die hand van mans, in dié tyd ook meer as verdubbel.
’n Verslag deur die kantoor van die ombudsman sonder die eindelose vertragings in howe uit, met kriminele sake wat tot jare kan sloer voordat dit in ’n hof aangehoor word, terwyl dieselfde vir uitsprake in die hoër- en hooggeregshof geld. Die vertragings word voor die deur van die “nimmereindigende uitstel” van strafsake in laer howe, soms vir langer as ’n jaar, gelê.
Die reg tot appél of hersiening word volgens die verslag ernstig geraak deur vertragings in die produksie van die transkripsies van verhore en onnodige vertragings in die voorbereiding deur klerke van die appél- en hersieningsproses. Die reuse-agterstand in kriminele sake in howe, in veral in die laer howe, is volgens die verslag “ernstige rede tot kommer”.
Van die voorstelle om die agterstand uit te wis, is dat sekere verkeersoortredings gedekriminaliseer word, terwyl spesiale verkeershowe gevestig word wat net verkeersoortredings hanteer. Ook moet bykomende howe gevestig word wat spesifiek op die agterstand van kriminele sake fokus. Aandag moet voorts geskenk word aan die ontwikkeling van ’n regsbeleid wat die vertragings in howe takel en verhore binne ’n redelike tydperk verseker.
Geslagsgeweld
Met verwysing na geweld teen vroue en kinders in die land, sê die verslag hoë vlakke van geslagsgeweld kom steeds ten spyte van ’n progressiewe wet- en beleidsraamwerke voor. Moordsake waarin vroue aan die hand van mans in die land gesterf het, het van 17 in 2011 tot 46 in 2014 gestyg. Die aantal aansoeke vir beskermingsbevele het van 1 258 in 2011 tot 1 556 in 2014 toegeneem. Met verwysing na die aantal verkragtingsake wat geopen is, sê die verslag 1 085 is in 2011 teenoor die 1 073 van 2014 aangemeld.
In ’n land waar geslagsgeweld eerder die norm as die uitsondering is, is volgens die verslag van regeringskant geen skuiling vir vroue om slagoffers van geweld in Namibië te ondersteun nie.
Een van die verslag se voorstelle is dat skuilings vir vroue oral in die land gevestig word. Ook moet alternatiewe aan slagoffers van geweld gebied kan word in gebiede waar daar nie ’n landdros is om ’n beskermingsbevel uit te reik nie. Meganismes moet voorts ingestel word sodat slagoffers buite hofdae en -ure om beskermingsbevele aansoek kan doen. Volgens die verslag moet as ’n dringende noodsaaklikheid, oorweging geskenk word aan die onderrig van verdraagsaamheid in skole. Spesiale aandag moet voorts aan die verbetering van opleiding vir onderwysers, die inhoud van handboeke, lesings en nuwe opvoedingstegnologieë geskenk word. Die doel is om verantwoordelike burgers ontvanklik vir ander kulture te skep wat in staat is om die waarde van vryheid, respek vir menswaardigheid en verskille te waardeer. Die hoop is ook dat leerlinge sodoende konflik sal vermy of kies om dit op ’n nie-gewelddadige manier en in pas met die Verklaring van Beginsels van Verdraagsaamheid op te los.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie