/Keib gaan nie na !Oe Gu00e2n vergadering
/Keib gaan nie na !Oe Gu00e2n vergadering

/Keib gaan nie na !Oe Gân vergadering

Catherine Sasman
Catherine Sasman - ’n Senior hoofman van die !Oe?Gân tradisionele owerheid, mnr. Stanilous /Keib, sê hy gaan nie môre die jaarlikse raadsvergadering bywoon nie, want hy dink nie dit gaan die griewe van die gemeenskap aanroer nie.
Dié griewe is vervat in ’n petisie wat hy en ander senior raadslede aan die einde van Mei aan die Erongo-goewerneur, mnr. Cleophas Mutjavikua, oorhandig het.
Die stamhoof, mnr. Immanuel /Gáseb, het die vergadering by die Daantjie Louw-plaas beroep om onder meer ouditverslae oor die owerheid se besighede bekend te maak, ’n langverwagte stap wat die gemeenskap geëis het.
/Keib wou egter weet of die ouditverslae slegs aan raadslede of aan die algemene gemeenskap bekend gemaak gaan word.
“Dit is nie ons as raadslede wat die ouditverslag wil hê nie; dit is die gemeenskap wat dit soek,” het hy gesê.
/Keib het ook ’n probleem met die feit dat /Gáseb die vergadering gaan hou op die hervestigingsplaas wat hy na bewering vir homself, familie en vriende toegeëien het.
/Keib sê hy, as gekose raadslid, gaan nie vergader met 20 raadslede wat /Gáseb eensydig aangestel het nie, aangesien dit sal beteken dat hy hul onwettige aanstelling aanvaar.
Die hoof van protokol, mnr. Erastus Gonteb, het gesê daar is baie duidelike prosedures oor hoe die raadsvergadering hanteer word en daarom moet hoofmanne wat hul setels verteenwoordig hul gemeenskappe inlig oor wat by dié vergadering gaan gebeur.
“Die vergadering sal ingevolge die wet op gewoonteregte plaasvind,” het Gonteb gesê.
Gonteb het gesê die vergadering word op die plaas gehou omdat dit in die regsgebied van die owerheid val. Okombahe val volgens hom nie meer in die regsgebied nie omdat dit as nedersetting verklaar is.
Oor /Keib se weiering om die vergadering by te woon omdat /Gáseb se 20 raadslede daar gaan wees, het Gonteb geantwoord: “As hulle wil kom, moet hulle kom. Ons dwing niemand nie."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!