Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

12.05.2010

Versoening ’n lang kronkelpad

© Republikein
Luister na prof. André du Pisani se mening oor waar Namibië 20 jaar ná onafhanklikheid met versoening staan.
OPREGTE versoening en nasiebou is ’n taak wat nog nie naastenby afgehandel is nie, sê prof. André du Pisani.

Nie in Namibië, Suid-Afrika of Zimbabwe nie.

Die morele kompas agter die proses, sê hy, kan bevraagteken word.
(length: 0:58 mins at 227 Kb (filesize)


Volgens prof. Du Pisani is versoening nie net ’n politieke konsep en debat nie. Sonder om ongelykhede prakties aan te spreek, geregtigheid te laat geskied en "die menslike kondisie" te verbeter, kan daar na sy mening nooit ware versoening wees nie Professors Du Pisani, Reinhart Kössler en Bill Lindeke is redakteurs van die publikasie The Long Aftermath of War: Reconciliation and Transition in Namibia, wat gisteraand in Windhoek bekendgestel is.

Die versameling navorsing is deel van ’n oorgrensprojek in Namibië en Angola wat befonds word deur die Volkswagen-stigting se Knowledge for Tomorrow-projek en die publikasie is moontlik gemaak deur die Friedrich Ebert-stigting (FES).

Die inhoud behandel onder meer onderwerpe soos grondhervorming, moderne weidingsgeskille in die land, onderwys, landsveiligheid, die totstandkoming van nuwe klassestrukture na die vryheidstryd en die rol van die Namibiese Raad van Kerke in versoening.

’n Warm debat is by die bekendstellingsfunksie oor talle aspekte van versoening ontketen. Verskeie sprekers het die hoop uitgespreek dat die boek op alle vlakke van die samelewing ’n kritieke gesprek sal bevorder oor WAT nog vermag moet word, en HOE die "spanning tussen bitter en gebroke openbare herinneringe en versoening," prof. Du Pisani se woorde, ontlont kan word.

"Dit (die navorsing) wys beide die vrugte van versoening en die uitdagings," het hy benadruk.

Die dikwels donker en diep stof tot nadenke in die publikasie, het mnr. Michael Schultheiss van die FES gesê, moet versoening rugsteun en voorthelp.