Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

27.04.2010

Skenkers eis ‘noodhulp’ vir onderwys

© Republikein
Dr. Elizabeth Pape
NAMIBIË se ontwikkelingsvennote het vanoggend met die opening van ’n driedaagse hersieningsberaad oor die land se Verbeteringsprogram vir die Onderwys- en Opleidingsektore (Etsip) voorgestel dat die Ministerie van Onderwys en ander rolspelers as ’n saak van dringendheid noodmaatreëls ontwerp om groeiende uitsak- en herhaalsyfers asook siekte en dood onder onderwysers en leerlinge aan te spreek.
(length: 2:58 mins at 704 kb (filesize)


Ondanks die goeie vordering wat Etsip op verskeie fronte bewerkstellig het, is dit volgens dr. Elizabeth Pape, wat as ambassadeur van die Europese Unie (EU) die woord namens ontwikkelingsvennote gedoen het, noodsaaklik om negatiewe tendense wat die afgelope jare opnuut begin kop uitsteek het met wortel en tak te beveg.

Behalwe dat byna 13 000 kinders in die loop van 2009 uitgesak het voor hulle hul grade voltooi het, wys nuwe statistiek dat gevaarlik naby aan een uit elke twee leerlinge in graad 6 al vir een of meer jare teruggehou was. Amper een uit elke vier graad 5-leerlinge het volgens dr. Pape verlede jaar hul graad herhaal.

Sy beskou streng fokus op die fondamente van goeie onderwys – vroeë kinderontwikkeling, pre-primêre onderwys en die eerste grade van die laerskool – as deurslaggewend. Volgens dr. Pape behoort hierdie prioriteite nou voorop te staan eerder as om te probeer om in ’n kits beter universiteitstudente en beroepslui te kweek.