22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Winkeleienaars wen toekennings


Mnr. Daan en me. Susan Holtzhausen, eienaars van OK Foods Outjo, het vir die sesde keer die toekenning vir die beste OK Foods in die land gewen.
MNR. Daan en me. Susan Holtzhausen, eienaars van OK Foods Outjo, spog vir die sesde keer met die toekenning vir die beste OK Foods kettingwinkel in die land.

Die franchise word deur die loop van die jaar beoordeel volgens algemene winkelstandaarde, kliëntediens, diensdepartement- aanbiedings en -uitstallings, motivering van personeel, gemeenskapsbetrokkenheid, administrasie en lojaliteit.




Daniel en Belmira de Jesus, trotse eienaars van die OK Grocer op Grootfontein, is vir die tweede keer as beste OK Grocer in die land aangewys.
Die uiteenlopende aard van hierdie kriteria dien as waarborg dat die winkels wat wen waarlik uitblink in elke faset wat hierdie kleinhandelaar in ’n klas van sy eie plaas.

Op grond van hierdie prestasie kwalifiseer OK Foods Outjo ook as kandidaat vir die Franchisee van die Jaar-toekenning, ’n nasionale toekenning wat deur die OK Franchise afdeling gemaak word om hul beste lede te vereer.

Die wenners sal in September aangekondig word.