Die familiebesigheid wat in 1968 begin is, het teen 1989 met die ontwikkeling van foto’s begin en oor die jare uitgebrei. Een van die nuutste toevoegings tot die bedryf is ’n Frontiermasjien wat die besigheid in staat stel om foto’s direk van CD’s en digitaal te druk.
Nie net word foto’s hier ontwikkel nie, maar Weyand’s doen ook vergrotings van foto’s vanaf A5 grootte tot A1 (plakkaat). Die vergrotings kan op hoë glans, pêrelglans, matafwerking, en op doek gedruk word. Vergrotings kan binne ’n paar uur geprosesseer word.
Deur ’n paar eenvoudige stappe kan met die Digitale Foto Printers foto’s gekies en gedruk word. Intussen word fotorame ook by Weyand’s gemaak en kan die kliënt dus die ideale grootte raam en vorm vir sy foto skep. Hout en sintetiese rame sal jou skilderye, familiefoto’s, borduurkuns en herinneringe afrond en opknap, en jou huis se mure versier.
Voorts word graveerwerk vir spesiale toekennings en prysuitdelings gedoen en unieke boodskappe op onder meer Zippo sigaretaanstekers, Parker Penne, CAT horlosies of “21ste” sleutels vir mondigwordings permanent uitgraveer. Die snywerk van dubbelkant veiligheidsleutels, poskantoorsleutels en kluissleutels, huissleutels en verskillende voertuigsleutels word ook hier gedoen. Nog is dit nie al wat Weyand’s doen nie.
Weyand’s is ook ’n agent vir MultiChoice en ’n geakkrediteerde DStv installeerder. Meer as veertig jaar gelede het Weyand’s op Tsumeb as ’n winkel begin wat handgemaakte kunswerke, juweliersware en aandenkings verkoop, en oor die jare uitgebrei tot ‘n winkel van bykans iets van alles beskikbaar. ’n Geskenk vir elke geleentheid kan hier gevind word.
Daar is duursame leerbeursies, leerhandsakke van Nappaleer en volstruisleer, skoene en hoede, lyfbande van krokodil, volstruis, vlakvark, buffel en koedoe te koop. Die juweliersware van goud of silwer, met edelstene of half edelstene, is beskikbaar in borsspelde, ringe, kettings, armbande of oorbelle.
Die fokus val op Afrika-juweliersware, meestal in goud of silwer en met olifanthaar of kameelperdhaar versier. ’n Tansaniet versameling met witgoud kan ook hier gevind word. Vir die avontuurlustige word by Weyand’s landkaarte, poskaarte, Pentax verkykers, jagmesse en Joseph Rodgers sakmesse, MAGlite, Leatherman, Keyser pype, digitale kameras met toebehoere, aangebied.
En vir die wat graag tuisbly, is daar onder meer paraffienlampe, tuinstoele, plantrakke, tuinliggies en CD’s te koop. Nadat jy deur al die interessanthede by die winkel gesnuffel het, kan ’n heerlike koppie koffie in Weyand’s se koffiewinkel geniet word.
Pizzas en ligte etes, asook melkskommels en roomys word verkoop. The Coffeeshop is Maandae tot Vrydae vanaf 06:15 tot 17:00 oop en ook Saterdae 06:15 tot 13:00. Kom loer gerus self by Weyand’s in om te sien wat hul nog alles hier aanbied. Die winkel is in 75 Presidentstraat, Tsumeb geleë of bel vir Martin, Andy of Vera Weyand by 067-220404 vir meer inligting.