24.06.2008

Webwerf vir primęre skool


TE danke aan The Empower­ment Centre, ‘n IT-opleidings­inrigting op Tsumeb, het die Primęre Skool Nomtsoub een van die eerste voor­heen be- nadeelde skole in die Oshikoto- streek geword om sy eie webwerf te loods. Meer nog het die skool weg- gedoen met die fisiese opstel van roosters nadat ‘n gerekenaris eerde stelsel in gebruik geneem is.

Dit het dit vir die skoolhoof moontlik gemaak om haar roos­-ter gereed te hę nog lank voor­dat die skole heropen het vir die huidige akademiese jaar. Die skool is in die Nomts oub-buurt van Tsumeb geleë en bied onderwys aan die arms te inwoners van die ge- meenskap. “Tog,” sę Brandon Hammond, ‘n gesertifiseerde op- leier by The Empowerment Centre en nou ook ‘n onder­wyser by die skool, “beteken agtergeblewe nie dat jy moet agter bly nie.

Ons kan kies om op te staan, aan die gang te kom en die res in te haal. Ons kan hulle selfs verbys teek, die voortou neem en die pas aangee.” Intussen ondersoek die skool nou ander weë om ‘n rekenaaropleiding- laboratorium vir leerlinge en onder­-wysers in te rig. Dit sal voller integrasie van inligtingko mmunikasietegnologie (ICT) in die klas toelaat en kinders in die leerproses help.

Hoewel dit ‘n duur proses is, is die skoolhoof, me. Ingrid Brigitte Uiras (foto), daarvan oortuig dat hierdie droom wel mettertyd bewaarheid kan word. The Empowerment Centre het nie net die skool se web- werf gratis opgestel nie, maar het ook onder­neem om dit vir 12 maande teen geen koste te onderhou. Besoek dus gerus na 31 Julie die skool se webwerf by www. nomtsoub .org