Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Vis word gonswoord op Opuwo

DIE dorpsraad van Opuwo is besig met ’n promosieveldtog om ’n kultuur op die dorp te skep en inwoners bedag te maak op die belangrike voordele om vis te eet.

Die plan is om dié gemeenskap van Ovahimbas, ’n Herero-sprekende volk wat bekend is dat hulle as beesboere ’n bestaan maak, bedag te maak om vis te geniet en bewus te wees van die gesondheidsvoordele wat vis kan inhou.

Om die rede het die dorpsraad ’n sake-erf aan die Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) in die middel van die dorp beskikbaar gestel van waar hy sy visprodukte kan bekendstel en bemark. ’n Spesiale gebou met verkoelingsgeriewe, ’n winkel en ’n kantoor van die NFCPT sal op hierdie perseel opgerig word.

As deel van die “eet meer vis”-projek sal inwoners van Opuwo binnekort vis teen ’n baie gunstige prys kan aankoop. • In ander belangrike verwikkelinge op die dorp is onlangs ’n nuwe Bank Windhoek- tak op die dorp oopgemaak, regoor die Opuwo Business Park.

Bouwerk is ook tans aan die gang om die eerste apteek op die dorp te vestig wat langs die Bank Windhoek-gebou sal verskyn. Die dorpsraad het ook vir die eerste keer junior dorpraadslede ingesweer, naamlik vyf meisies en ’n seun. Hierdie graad 11 leerlinge van die hoërskole Mureti en Putwavanga is op 23 Julie ingesweer.