|
|
6.2.2012 Die onkruid waai op Nkurenkuru |  Die Ohlthaver & List Groep het verlede Vrydag gehelp om onkruid uit die mahangu-landerye van hoofman Sitentu Mpasi by Nkurunkuru te spit. Die geleentheid was deur onder meer twee ministers, ʼn adjunkminister, twee permanente sekretarisse en streekraadslede bygewoon. Lees meer |
|
6.2.2012 Finse universiteit skenk voertuie |  Die Universiteit van Oulu het Vrydag twee voertuie, ’n minibus en sedanvoertuig ter waarde sowat N$550 000, aan die Mediese Skool van die Universiteit van Namibië (Unam) oorhandig.
Die voertuie sal deur studente en die mediese fakulteit gebruik word om die opleidingsgeriewe in hospitale, ... Lees meer |
|
31.1.2012 Damara Lewende Museum |  Die Namibië Toerismeraad (NTB) het lede van die media verlede week op ’n opvoedkundige toer na die Kunenestreek geneem om binnelandse toerisme te bevorder. Die Damara Lewende Museum naby Twyfelfontein is beslis ’n besoek werd waar besoekers kan kyk hoe die Damara vroeër geleef het. Lees meer |
|
31.1.2012 Himba tradisionele danse |  Die Namibië Toerismeraad (NTB) het verlede week lede van die media op ’n opvoedkundige toer na die Kunenestreek geneem om binnelandse toerisme te bevorder. Daar is onder meer besoek by ’n Himba-nedersetting naby Palmfontein afgelê waar die Himba’s besoekers met lewendige tradisionele danse vermaak. Lees meer |
|
30.1.2012 Videotoer van weeldeskip |  DIE Queen Mary 2 het onlangs sy eerste besoek aan die Walvisbaai hawe afgelê.
Met ’n lengte van 345 meter en ’n breedte van 41 m is dit die grootste passasierskip wat tot dusver die hawe binnegegaan het.
Die QM2 kan 3 046 passasiers en 1 253 offisiere en bemanning dra. Lees meer |
|
25.1.2012 Pa in stryd om kindertoesig |  Die regte van pa’s en die onmiddellike verwydering van kinders uit die kloue van verwaarlosing het op die voorgrond getree toe Willibard Hangara van Windhoek by die polisie moes gaan aanklop vir hulp om alleentoesig oor sy seun te kry. Williebard en sy ma, ... Lees meer |
|
23.1.2012 Hiert, jou renoster! | Richard T. was saam met sy gesin in Etosha en het gelukkig sy videokamera byderhand gehad toe ‘n renosterkoei met ‘n kalf op sy skoonpa se voertuig voor hulle afgestorm het. Gelukkig het die renosterkoei haar bedink en gou weer met haar kalf weggedraf na veiligheid. Lees meer |
|
19.1.2012 Skillie knoop ’n geveg aan |  Hannes van Vuuren het sy troetelskilpad afgeneem toe hy ’n geveg met ’n koelboks aangeknoop het. Aanvanklik het hy net vir een kans gesien, maar toe Skillie eers goed opgewarm was, het hy sommer nog ’n koelboks aangevat. Lees meer |
|
|