22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.02.2010

Tsumeb se mooiste nooi ook junior burgemeester

© Francoise Steynberg
Marisa Maloney is deur die munisipaliteit van Tsumeb as junior burgemeester verkies.

Die graad 11 langbeenmeisie van Tsumeb Gimnasium gaan in Augustus aan die Miss Teen Global-skoonheidskompetisie in Texas, VSA deelneem.

As sy in die SA modelkampioenskap in April goud verwerf, gaan sy ook in Julie aan die wêreld modelkampioenskap in Los Angeles, Kalifornië, kompeteer.

“Ons reken Marisa kan ’n ware ambassadeur, veral in die buiteland, vir Tsumeb wees,” het die burgemeester, mnr. Engel Nawatiseb, gesê.

Die junior stadsraad van Tsumeb bestaan uit agt lede, twee leerlinge elk uit die vier hoërskole. Marisa sê haar doelwit as junior burgemeester is groter eenheid en samewerking onder die jeug van Tsumeb.

Sy is ook betrokke by liefdadigheid by die Hope Children Sentrum.