
Tsumeb Gimnastiekklub se gimnaste het onlangs puik vertonings by die jaarlikse NGF artistiese nasionale kampioenskap op Walvisbaai gelewer. Die klub se ses meisiesgimnaste het altesame 18 apparaat medaljes en vier algehele medaljes huis toe gebring. Die nege seunsgimnaste het 28 apparaat medaljes en sewe algehele medaljes ingepalm. Die afrigters Marlinda Lucas (meisies) en Lorraine Nel (seuns) is voorwaar trots op die klub se gimnaste se prestasies vanjaar. Die meisiesgimnaste is (voor): Landri Mans, Jessica Janse van Vuuren, Celeste Theart, Adri Lewis en Leigh Nel (afwesig: Celine Oestlund). Die seuns in die middelry is Jurgens Nel, Johan Enslin en Schalk Nel. Die seuns agter is Waldo Simon en Marc Dohman (afwesig: Renee Oestlund, Edward du Toit, Steyn du Toit, Adriaan Nel).