24.06.2008
© A. Bothma
Die Tsumeb Lionsklub het onlangs sy jaarlikse vlooimark by die Le Platz-winkelsentrum op die dorp gehou. Lede het verskeie stalletjies beman waar artikels wat deur inwoners geskenk is, soos klere, te koop was. Die opbrengs is ten bate van die klub se gemeenskapsprojekte.