22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.02.2010

Tsumeb-gholf op dreef

© Contributed
President Handré Coetzee (middel) was die wenner van die Oshikoto Electrical Services-gholfkompetisie met Philemon Khaibeb (regs) in die tweede plek. Links is die voorsitter van die Tsumeb-gholfklub, Martin van den Berg.

DIE gholfprogram van Tsumeb se gholfklub het op 30 Januarie op ’n hoë noot afgeskop met ’n geldinsamelingsveldtog ten bate van die Beyond2000/CATS dramagroep van Tsumeb Gimnasium wat in April in Rustenburg gaan optree. ’n Goeie veld van elf spanne met altesaam 44 spelers het die dag die hitte van Tsumeb in die format van ’n individuele stableford getrotseer.

Die meeste manne asook die vroue het gesukkel om punte aan te teken, met Morné Schreuder wat die kompetisie met ’n totaal van 41 punte gewen het. Oshikoto Electrical Services het op 6 Februarie weer ’n gholfdag aangebied met ’n groot aantal spelers wat selfs vanaf Oshakati vir die kompetisie opgedaag het.

President Handré Coetzee het die kompetisie met 41 stableford-punte gewen. Die naaswenner met net twee punte agter hom, was die jong Phillemon Khaibeb. Robbi Reischauer van Oshikoto Electrical Services word hartlik bedank vir die borgskap. Komende kompetisies by die Tsumeb-gholfklub is die SMC Brands Bell’s op 6 Maart en First National Bank op 27 Maart.