22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.11.2011

TOV stap vir beter lewe

© Yolanda Nel
Vier van die vyf weeskinders is in die begin van die jaar deur TOV ingeneem om te verseker hulle het ’n beter toekoms.

DIE TOV meerdoelige sentrum op Tsumeb gaan op 1 Desember stap om op die manier geld in te samel om kinders van die straat af te kry.

“Dit vind op Tsumeb by die sentrum plaas en ’n afstand van vyf kilometer gaan afgelê word,” het pastoor Edward Amadhila, die bestuurder van TOV, gesê.

Die mikpunt is om minstens N$45 000 in te samel om dringende herstelwerk by die kinderhuis aan te bring.

“Ons het vyf weeskinders aan die begin van die jaar ingeneem, maar heelwat herstelwerk moet steeds aan die huis gedoen word om dit veilig en gemaklik te maak. Ons wil dit ook uitbrei sodat ons binnekort agt kinders kan huisves en later 12,” het hy gesê. Die kinders word deur ’n huismoeder opgepas wat deur TOV aangestel is.

Die geld wat ingesamel word, gaan gebruik word om onder meer om ’n heining om die huis te span, twee beddens aan te koop, die dak te herstel, agt komberse en tien fietse te koop.

“Dit is die eerste van twee fases vir die weeshuis.”

Belangstellendes wat met enige bydrae kan help of meer inligting oor die stap nodig het, kan Amadhila by 067 221 289 of 067 221 292 skakel.