22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Tannie Nelie laat lap lewe


Die vrolike Otto-vroue van Roy’s Camp buite Grootfontein. Agter Tannie Nelie staan haar dogters Rina Joubert, Millie Basson en Nelie Pringle. Almal is kustig en geniet ouma Nelie se handewerk.

TOE “Der Alte Lombard”, burgemeester van Grootfontein in die land se Duitse era, in 1895 vir ene Hartman, ’n man wat gereeld oorsee gereis het, opdrag gegee het om vir sy vrou ’n Singer-naaimasjien uit Duitsland saam te bring, sou niemand kon droom vir watter invloed en nalatenskap hierdie einste geskenk verantwoordelik sou wees nie.

Tannie Nelie Otto van Roy’s Camp is een van die afstammelinge wat die waardering en liefde vir naaldwerk waarskynlik te danke het aan die invloed wat hierdie masjien in die familie ingedra het. Sy en haar dogters is almal baie kunstig en talentvol en het vlytige vingers wat enigiets wat hul kreatiewe brein kan uitdink, uit lap kan optower.

“Die seuns is ook baie kunstig, maar gebruik meer hout en yster om hulle mee uit te leef,” vertel tannie Nelie. Laslappie- en appliekkwilte is een van Tannie Nelie se “handelsmerke”.

Haar vyf kinders en 12 kleinkinders het elkeen al so ’n kwilt vir hul beddens. Pragtig en baie, baie kunstig. Na haar man Royal se dood het tannie Nelie haar hartseer verwerk deur haar in haar kreatiewe lapwerk uit te leef en mooi goed te maak.

Haar kinders doen ook handwerk en uit hul gemoedelike liefdevolle verhouding is dit duidelik dat hierdie gedeelde stokperdjie die gesin na aan mekaar hou.

“Kwilt- en lappieswerk is terapeuties, dit stimuleer jou kreatiwiteit, gee jou tyd om te dink en dinge te verwerk,” glo sy.

Bo alles laat die eindprodukte ’n nalatenskap, iets soos ’n monument wat voortleef in die kinders en vriende se huise, lank nadat jyself nie meer daar is nie.

Een ding is seker: dis onmoontlik dat iemand soos tannie Nelie ooit vergeet kan word. Haar fyn handwerk, breiwerk, borduurwerk en kwilte sal hiervoor sorg.