22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Rundu reg vir kaskarresies



AS deel van die Rundu Christian School se geldinsameling word ’n kaskarkompetisie vanjaar weer aangebied. Hierdie kaskarkompetisie, die Rundu Box Cart Race, is altyd iets besonders omdat spanne van skole en besighede regoor die land kan deelneem.

’n Mobiele tuig van nie langer as drie meter, nie wyer as 1,5 meter en nie hoër as 2,5 meter nie mag inskryf. So ’n tuig ry op wiele maar het geen enjin nie, dis mens-aangedrewe en moet behoorlike remme hê. Die kaskarkompetisie is oop vir almal – alle skole, alle kultuurgroepe, alle ouderdomme en alle geslagte wat dink dat hulle ’n besondere skepping op wiele kan bou en wat bereid is om dit bult af te stuur.

Een of ander vorm van ’n toeter is ook nodig sodat u vir die skare kan aandui hoe goed dit gaan wanneer u die draaie vat, maar geen vuvuzelas mag as toeter dien nie. ’n Span bestaan uit vier lede wat almal 16 jaar of ouer moet wees.

Daar is wel ’n spesiale afdeling vir die “laaities” tussen 13 en 16. Die spanne kan byvoorbeeld uit besighede, gesinne, families, skoolspanne, groepe vriende, sportklubs, vroueverenigings of boereverenigings saamgestel word.

Besighede kan gevra word om sulke tuie te borg en dan hulle advertensie daarop aan te bring. Hier kom ’n ding en dit beloof groot pret in die noorde van Namibië. Inskrywings sluit einde vandeesmaand vir die groot resiesdag op Sondag 3 Oktober.

Belangstellendes wat inskrywingsvorms wil hê kan vir Phillip Steyn by 081 128 0202, sy vrou Christelle by 081 216 3606 of die hoofmeisie by Rundu Christian School, Monique, kontak.