24.06.2008

Rugby weer op koers


Sommige van die rugbyspelers op Otjiwarongo.
NA drie jaar is die Otjiwarongo rugbyklub weer terug op koers. “Ons het die afgelope drie jaar beserings opgedoen wat die span se motivering vir die spel gedemp het,” het mnr. Fanie Badenhorst (Jr), tesourier van die Otjiwarongo rugbyklub, gesê.

Hy het gesê dat alles weer reg is by die span is en dat almal help om van die klub ’n sukses te maak. Die munisipaliteit het gehelp deur die klub ’n minimale be- drag vir die gebruik van elektrisiteit te laat betaal. “In die verlede moes die klub betaal elke keer wat die ligte by die rugbyveld aangeskakel is. Nou betaal ons ’n klein bedrag vir die gebruik van die ligte,” het mnr. Badenhorst gesê.

Mnr. Badenhorst het gesê dat die klub N$8 000 van MTC en hulp van sakeondernemings op Ojtiwarongo gekry het wat help dat die klub weer op sy voete staan. “Dit dra ook by tot die sukses van rugby met hul ondersteuning”, het mnr. Badenhorst gesê. Die rugbyklub het 25 spelers onder leiding van mnr. Piet de Miljo as afrigter en mnr. Oscar Fletzig wat die spanbestuurder is.