Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Rubicon: spesialiste in tweerigtingtegnologie


RUBICON Sekuriteitsdienste neem die voortou as dit by die vernuwing van sekuriteitstelsels kom. In 2013 skakel die VSA van die huidige analogie-tweerigtingradio’s oor na ’n digitale stelsel wat reeds in Namibië beskikbaar is.

Die nuwe stelsel bied veel meer voordele omdat dit op dieselfde beginsels as ’n selfoon werk. Die eienaar van ’n digitale tweerigtingradio kan inderdaad ’n oproep na ’n selfoon maak. Ten spyte van toegang tot veel meer kanale, neem die digitale radiostelsel skaars ’n kwart van die frekwensie-eenhede in beslag.

Met die analogiestelsel neem een kanaal 24 kHz op in vergelyking met die 6 kHz wat deur die digitale sisteem benut word. Rubicon Sekuriteitsdienste verskaf tweerigtingradio’s van Kenwood, Hyt en Motorola.

Hul gewildste Kenwood tweerigtingradioprodukte is die TK7100 en TK2107 wat nou met die nuwe TK2306/7 vervang gaan word. Mnr. Basie Oosthuizen kan belangstellendes met enige inligting oor tweerigtingradio’s help.

Hy is ook ’n aktiewe amateur radio-operateur wat met mense in tientalle lande per tweerigtingradio praat. Skakel mnr. Oosthuizen by 067 221 142 of stuur ’n e-pos aan basie@rubiconsec.com