29.11.2011 Praatjies oor rugby en wyn by gholfklub
 Die wenner van die jaarlikse House of Wines gholfdag, Thomas Hailonga saam met die eregas vir die dag, die oud-Springbok Schalk Burger.
HOUSE of Wines het op 12 November sy jaarlikse gholfdag by die Tsumeb Gholfklub aangebied met die gewese Springbokslot van die 1980’s, Schalk Burger senior, wat die spesiale gas vir die dag was.
Burger het ook by die geleentheid sy wyne van die Welbedach-landgoed en Schalk Burger & Sons-wyne bekendgestel.
’n Totaal van 47 spelers het die dag die hitte van Tsumeb getrotseer en die dag geniet in die geselskap van Burger, wat ook ’n bekende rugbykommentator is.
Die kampioen van die dag was Thomas Hailonga, met Joshua Weyand in die tweede plek en Samuel Tjizao in die derde plek.
Almal het op 40 punte geëindig en ’n uittel was nodig om die wenner te bepaal.
Die dag is afgesluit met kaas en wyn en ’n dans saam met Koos van Zyl.
Die sekretaris van die Tsumeb Gholfklub bedank graag mnre. Dieter Jentz en Tol Jacobs van House of Wines vir al die reëlings en bydraes om die dag ’n sukses te maak.
|