Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Plaaslike owerhede wil verenig


Van links verskyn mnre. Joseph Esau Jantze, hoof uitvoerende beampte van Usakos munisipaliteit, Josef Ngolombe, raadslid van Swakopmund munisipaliteit, Efraim Dawids, hoof uitvoerende beampte van Gobabis, Romanus Haironga, hoof uitvoerende beampte van Rundu en heel voor staan die uitvoerende direkteur van Nalao, mnr. Nathanael //Areseb.

DIE Plaaslike Owerheidsraad (ALAN) en die Namibiese Raad vir Plaaslike Owerheidsamptenare (Nalao) het ’n vergadering belê om ’n verenigde stem vir plaaslike owerhede in Namibië te vind.

Die vergadering se drie fokuspunte was die verbetering van die operasionele beheer en IT-oplossings vir plaaslike owerhede; beplanning van die uitvoering van die gemengde raadgewende vergadering op Oshakati vanaf 8 tot 9 Julie, en Nalao se tiende jaarlikse konferensie en Professionele Ontwikkelingsinstituut (PDI) wat vanaf 3 November op Gobabis gehou word.

Die jaarlikse konferensie word vanjaar onder die tema “Inspirerende plaaslike ekonomieë: Verkenning van vennootskappe en geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling in plaaslike owerhede” gehou.

Plaaslike owerhede in Namibië het ’n toenemende verantwoordelikheid om die plaaslike ekonomiese ontwikkeling te ondersteun en te bevorder. Dit sluit verskeie beleide en strategiese kwessies in.