22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.11.2011

Peace Garden oop

© Yolanda Nel
Die Peace Garden Lodge op Grootfontein is vroeg in November deur President Hifikepunye Pohamba geopen.

DIE amptelike opening van Peace Garden Lodge op Grootfontein, wat eers as Lalapanzi bekend was, is vroeg in November deur President Hifikepunye Pohamba behartig.

“Die opening van hierdie gastehuis is ’n welkome bydrae om Namibië ’n vooraanstaande toeristebestemming te maak deur hoë gehalte fasiliteite vir besoekers aan die land te ontwikkel,” het hy gesê.

“Die toerismesektor het die potensiaal om ’n groot hoeveelheid werk te skep en die stryd teen armoede te verlig. Daarom is oor die volgende drie jaar sowat N$649 miljoen vir die sektor opsy gesit deur die TIPEEGprogram om ’n bevorderlike omgewing vir plaaslike en buitelandse beleggings te skep,” het Pohamboa voorts gesê.

Dit is belangrik dat plaaslike toeroperateurs spesiale pakkette saamstel wat toeriste na Namibië sal lok. Pohamba het die Ministerie van die Omgewing en Toerisme, die Namibiese Toerismeraad (NTB) asook die toerismesektor uitgedaag om met strategieë vorendag te kom sodat meer Namibiërs toegang tot toerisme sal kry.

“Dit is ook belangrik om kulturele toerisme in te sluit en deel te maak van pakkette, aangesien groot potensiaal daarin opgesluit lê,” het hy gesê.

Volgens die President is die Namibiese ekonomie deel van die internasionale ekonomiese en handelstelsel. “Daarom het ekonomiese gebeure in ander dele van die wêreld ’n impak op ons ekonomie. Die globale ekonomiese krisis het Namibië ook negatief geraak, veral in die toerismesektor.”

Dit is daarom belangrik dat toeroperateurs by die NTB geregistreer is en dat alle vereiste standaarde nagekom word.