22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.11.2011

Paragon help skool opknap

© Verskaf
Die direkteurs van Paragon, mnre. Desmond Amunyela en Lazarus Jacobs, oorhandig die N$20 000 aan biskop Josephat Shangala en die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nangola Mbumba.

SOWAT N$20 000 is in November aan die Hoërskool Oshigambo in die Oshikotostreek oorhandig.

Die geld wat vir infrastruktuur ontwikkeling gebruik gaan word, is deur Paragon Investment Holdings geskenk, nadat hulle deur die skool en die Evangeliese Lutherse Kerk van Namibië (ELCIN) genader is. Die geld is aan biskop Josephat Shanghala van ELCIN oorhandig.

“Ons glo dat dit van uiterste belang is dat ander ondernemings in die private sektor ’n bydrae maak tot onderrig in die land om ’n verskil te maak,” het mnr. Lazarus Jacob, die uitvoerende direkteur van bemarking van Paragon, gesê.

Volgens die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nangola Mbumba, sal die geld verseker dat kinders in landelike gebiede ’n gehalte onderrig kry.

Paragon het die afgelope drie jaar reeds N$1,5 miljoen in inisiatiewe van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid belê wat ’n verskil in gemeenskappe maak.