22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.11.2011

Otjiwarongo wys junior raad aan


Die junior dorpsraad van Otjiwarongo is onlangs deur die adjunkburgemeester van Otjiwarongo, mnr. Archillaus Namaseb, ingesweer. Hier staan hy saam met die nuwe lede van die junior lede.

DIE munisipaliteit van Otjiwarongo het onlangs die junior raadslede van die dorpsraad ingelyf.

Die adjunkburgemeester van Otjiwarongo, mnr. Archillaus Namaseb, het die insweringseremonie by die dorpsraad se kantoor waargeneem. Die junior raad bestaan uit me. Lara Mosehuus (junior burgemeester), mnr. Anulf Todtenhöfer (junior adjunkburgemeester), mnr. Wouter de Vos (tesourier), me. Bupe Zeko (adjunktesourier), mee. Selma Kaundje (skakelbeampte), Hoandi //Hoes (sekretaris) en Agnes du Plessis (adjunksekretaris).

Die munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte, mnr. Manfred / Uxamb, het tydens die seremonie gesê die rol van die junior dorpsraad is om ’n gees van eenheid onder leerlinge uit verskillende kulturele agtergronde te koester en om skakeling tussen leerlinge van verskillende skole op Otjiwarongo te bewerkstellig.

Hy is van mening dat die junior dorpsraad moet verseker dat elke leerling kennis dra van burgerlike sake en dat jongmense deur die raad verteenwoordig moet word en dat aandag gegee word aan sake wat hulle raak.

Hy het die nuwe junior stadsraad aangemoedig om hard te werk en toegewyd te bly tot die taak wat aan hulle opgelê is.

“Die dorpsraad is daar om jul junior lede by te staan om die jaar ’n sukses te maak,” het /Uxamb gesê.

Ter afsluiting het hy die junior dorpsraadslede versoek om hul senior eweknieë te nader indien hulle probleme ervaar in die uitvoering van hul take om die uitdagings wat die jeug in die gemeenskap ervaar op te los.