22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.11.2011

Otjiwanda Meat Market steeds op dreef

NA bietjie meer as ’n jaar en ’n half as die eienaars van Otjiwanda Meat Market op Grootfontein, glo Buks en Janita van der Westhuizen steeds aan die tradisionele wyse om alle produkte by die slaghuis te maak.

Hulle het ook ’n tweede tak op Grootfontein geopen. Die bestuurder is Maria Uwe-Kais wat by 067 24 2348 gekontak kan word. Deur die dag is heerlike etes, gekook en gebraai, beskikbaar.

Die ander tak is op Katima Mulilo, wat deur Matheus Ganeb bestuur word. Katima word deur die hooftak van vars vleis en ander voorraad voorsien.

Die slaghuis op Katima se voorraad word elke Woensdag per koeltrok afgelewer om te verseker dat die produkte die Ngweze Butchery klante vars bereik. Matheus kan by 066 25 24 98 of 081 207 6677 gekontak word.

Alle kouevleisprodukte word deur die slaghuis geproduseer in hul eie fabriek en selfs die speserye vir produkte word self gemeng – geen “ready-packs” word gebruik nie. “Ons gerookte produkte word ook nog tradisioneel in rookkamers gerook. Ons wors en maalvleis bestaan nog uit suiwer vleis, sonder enige byvoegsels.”

Koue vleis, polonies, droëwors, biltong, Koch Schinken, Roh Schinken, Rauch Fleisch, wiener würstchen is van die vele produkte wat by die slaghuis te koop is.

Die slaghuis vervaardig ook suiwer beesvleisprodukte soos weense worsies, macon, jagdwurst, kaas-Russians en vele meer, wat geen varkvleis of -spek bevat nie.

Volgens Janita kan byna geen verskil geproe word tussen die produkte wat met beesvleis en dié wat met varkvleis gemaak word nie.

Kliënte word uitgenooi om hulle te besoek om iets lekkers vir Kersete te vind. “Ons probeer om hoë gehalte snitte en produkte teen die beste prys moontlik aan ons klante te verskaf.”

Buks, Janita en personeel wens al hul klante ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe.