CONSOLIDATED Sugar Industries Namibia op Otavi lewer vir die afgelope twaalf jaar suiker aan dorpe in die noordelike deel van die land. Die suiker kom in bale vanuit Zimbabwe en Suid-Afrika en word dan by die aanleg op Otavi in verpak¬kings wat wissel van 500g tot 50kg verpak en versprei.
Volgens die depotbestuurder, me. Elize Harmse, lewer Consolidated Sugar Industries Namibia van die verpakkings af of sommige van die handelaars kom haal hul besendings self. “As die manne die dag vinnig werk, kan hulle ‘n 34-ton vragmotor binne ‘n uur laai.”
Die verspreiding word vanaf Ombalantu, Oshakati, Oshikango tot by Katima Mulilo, Grootfontein, Tsumeb, Otavi, Otjiwarongo asook tot by Usakos gedoen. “Wanneer dit druk gaan, maak ons van tydelike werkers gebruik om die sowat 50 permanente personeel by te staan,” sê me. Harmse.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.