
Dit is die 1926-model Chevrolet wat deur die eienaar self aanmekaar gesit en gebou is. Na sy dood kon niemand die voertuig in ‘n lopende toestand hou nie, want die eienaar het die voertuig se geheim graf toe gevat, volgens mnr. De Wet.
PIET Retief se pyp wat meer as 170 jaar oud is, ‘n internasionale geskiedenis in sy oorspronklike vorm en waarvan hoofstukke en besienswaardighede oor Namibië die grootste deel uitmaak, is van die soeweniers in die groot kluis van mnr. Blok de Wet op Otjiwarongo.
Van die vermoorde Voortrekkerleier Piet Retief se pyp wat by Moordkoppie opgetel is, ‘n 1926- model Chevrolet, geskiedkundige plaasimplemente, perde en donkiekarre is almal items wat die baasversamelaar van oudhede op sy werf aanhou.
Mnr. De Wet noem sy kluis die “Tourist Rendezvous Otjiwarongo’”, net die regte bestemming vir besoekers aan Otjiwarongo. ‘n Inligtingsentrum, besprekings, internetfasiliteite, ‘n koffiewinkel, ‘n rariteitswinkel en ‘n oornagplek met eie kos is die diens wat verkrygbaar is by ‘Tourist Rendezvous Otjiwarongo’.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.