Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.02.2010

OASE: Jou eenstopwinkel



MET ’n slaghuis, winkel, bakkery en drankwinkel is Oase Supermark net die regte plek om alles te koop wat jy nodig het. Oase Supermark bestaan uit ’n groot winkel wat klein- en groothandel verkope van alledaagse huishoudelike items doen.

Heerlike wegneemetes is by die winkel beskikbaar vir die wat op reis is of nie in die bui is vir kosmaak nie. Die Supermark ontvang weekliks vars vrugte en groente; vir diegene wat daarvan hou om naaldwerk te doen, is daar selfs ’n hoekie wat materiaal verkoop.

Die winkel is op weekdae van 07:30 tot 18:00 oop terwyl dit op Saterdae 07:30 tot 13:00 oop is. Uit die slaghuis word vars bees-, skaap-, vark- en wildsvleis voorsien. Vleis is ook op grootmaat beskikbaar en word vir die kliënt verpak.

Verder kan biltong, droëwors, chillibiltong en alles waarvoor vleiseters lief is ook hier gekoop word. Intussen kan lekker brode wat elke oggend vars gebak word by die bakkery gekoop word. Witbrood, bruinbrood, brötchens, volgraanbrood en selfs rosyntjiebrode is van die lekkernye wat jy hier te koop sal kry.

Vir die wat moeg gery is en na ’n koel lafenissie op soek is, word ’n groot verskeidenheid drank in die drankwinkel verkoop. ’n Wye verskeidenheid wyne is ook beskikbaar.

Tydens werksure is ’n FNB en Bank Windhoek OTM en ook kredietkaartgeriewe by die Oase Supermark beskikbaar. Verder is ys en hout by Oase Supermark beskikbaar en aflewerings kan vir enige groot bestellings gedoen word.