Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Munisipaliteite smee bande


Mnr. Ivan Lombardt.
DIE Vereniging van Plaaslike Owerhede in Namibië (ALAN) se span bekend as P3 werk baie nou saam met ses munisipaliteite regoor die land, asook met munisipaliteite in Botswana, Suid-Afrika en Swede om dienslewering, begrotingsprosesse, kommunikasie en deelname te verbeter.

Die program word deur Europese Unie en Sida (Swede) geborg en is daarop gemik om deelnemende vennootskap en vooruitgang binne die munisipaliteite te bevorder. Mnr. Ivan Lombardt, die projekbestuurder, sê hy is tevrede met die komponente van die projekte wat dusver suksesvol voltooi is.

Hy beskryf die munisipaliteite wat tans aan hierdie P3 projek deelneem as baanbrekers wat groter deursigtigheid, verbeterde dienste, vertroue en steun van ingeligte en betrokke inwoners verlang.

”Onderlinge vertroue binne die munisipaliteite is afhanklik van goeie kommunikasie en openheid, asook konsultering om die prioriteite van inwoners raak te sien,” het mnr. Lombardt gesê.

Vroeg in Junie het ALAN sy tweede slypskool vir diensverbetering aangebied waaraan 12 amptenare van munisipaliteite deelgeneem het. Die munisipaliteit van Otjiwarongo wat as die diensleweringsfasiliteerder optree, het met die steun van sy bestuursgroepe (bestaande uit raadslede en senior amptenare) die slypskool bygewoon.

Die hooftaak wat hulle op hul skouers geneem het, was om drie dienste te identifiseer waarop verbeterings moet geskied. Hulle moes ook die huidige diensgehalte identifiseer, die prosesse opweeg en onnodige struikelblokke verwyder, om sodoende vinniger en meer doeltreffeder dienslewering te verseker.

“Wanneer amptenare by die verbetering van hul dienslewering betrokke raak, word hulle uitgedaag en gemotiveer om beter te doen,” het mnr. Lombardt in die jongste nuusbrief van Otjiwarongo se munisipaliteit beklemtoon.