24.06.2008

Mooiste minerale


Me. Lettie Borman by van haar kunswerke wat by die Mineral Gallery te koop is.
DIE Mineral Gallery op Tsumeb is in Oktober 2002 saam met die Koperfees deur Ongopolo begin en is in die Leonhardt-gebou gehuisves. Die gebou dra daardie naam nadat ene G.A. Leonhardt die huis omstreeks 1923 gebou het en deur Duitse soldate as oornagakkommodasie gebruik.

Die myn het met die baie minerale en verskeie gesteentes wat op die dorp ontgin was, besluit om van die stene uit te stal sodat die inwoners en toeriste dit as aandenkings kan koop. Mnr. Borrie en me. Lettie Borman het die Mineral Gallery in 2005 oorgeneem nadat die myn op die dorp dit wou sluit. Hulle het voortgegaan om die minerale uit te stal.

Dit sluit onder meer in koper en lood wat by Tsumeb ontgin was asook kristalle van die plaaslike myn. Volgens me. Borman het hulle ook van mense op die dorp en ander individue minerale en kristalle aangekoop wat deesdae moeilik bekombaar is. Minerale en kristalle van ander myne in Engeland en van Berg Aukas is by die Mineral Gallery beskikbaar. Plaaslik vervaardigde tradisionele artikels en skilderye kan ook by die winkel gekoop word.