
Die meulenaar, mnr. Johan Swanepoel, kyk of die verwerkingsproses van die mielies reg verloop.
NAMIB Mills (Pty) Ltd is die vervaardiger van mieliemeel, koringmeel, pasta en mahangumeel in Namibië. Die onderneming het 26 jaar gelede met sy aktiwiteite in Windhoek begin en van daar uitgebrei na Otavi toe die aanleg in 1996 van Agra gekoop is.
Die silo’s op Otavi met ‘n kapasiteit van 17 500 ton, die grootste in die land, speel ‘n noodsaaklike rol in die produksie van mielies in die mieliedriehoek, deurdat stoorgeriewe naby en maklik toeganklik vir die produsente is. Die mieliedriehoek sluit in boere in die omgewing van Otavi, Grootfontein en Tsumeb, maar mielies van ander plekke soos van die Kavango-streek word ook by Otavi se meule verwerk.

Mnr. Alwyn Jones is die depotbestuurder op Otavi.
Benewens mielies word mahangu ook op Otavi verwerk. Die mahangu-meule in Otavi is tans die enigste meule van sy soort buite die tradisionele mahangu- produserende gebiede van die land. Mielies wat by Otavi gelewer word, word gegradeer waarna dit in die silo’s geberg word. Met die aankoop van graan word voorkeur aan plaaslike produsente verleen.
“Die aanleg se ligging is ideaal om die stygende verwagtinge en behoeftes van die maatskappy se kliënte te akkommodeer wat in die Noorde woon,” sê me. Margareth Gustavo van die bemarkingsafdeling van Namib Mills. Die meule se bedrywighede op Otavi is daarom uiters belangrik vir die lewering van ‘n doeltreffende en betroubare diens aan die kliënte in die Noorde.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.