
Die manne maak gereed vir die wedren.
Die Hervormde kerk op Tsumeb het sy Makalani Makiti die afgelope naweek in die Vryheidspark aangebied en dit was groot pret. Behalwe vir al die gewone basaaraktiwiteite was die wedlope die hoogtepunt.

Pierre Cronje, wenner van die 10 km vir juniors.
Die drawwers en bergfietsryers het vanaf 06:00 Saterdag opgedaag en geregistreer en om sewe-uur het die sportmanne en -vroue vanaf Vryheidspark weggespring.
Die borge wat die geleentheid help moontlik maak het, is Etosha Apteek, BuildIt, Cymot, Rubicon, CIC en Pick n Pay.
Die wenners van die 60 km bergfietswedren was Sakkie Schreuder van Tsumeb en Chris Bartolomae van Windhoek. Hulle het saam oor die wenstreep gery.
Die 30 km fietsry is deur Stanley Kotze en Hans Nolte gewen. Die drawwers van die 10 km roete se eerste plek gaan aan Pierre Cronje (juniors) en Estelle Lambert (seniors).