22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Landbouskool trek aandag


Me. Barbara Wessels
DIE Grootfontein Agri College is vinnig besig om ’n werklikheid te word. Met die aanstelling van me. Barbara Wessels as skoolhoof en die direksie wat aangewys is, vorder planne fluks en is daar reeds 167 leerders wat wil inskryf.

Inskrywings kan nou reeds gedoen word, maar die direksie het aangekondig dat daar voorlopig net plek vir 180 kinders van graad 1 to graad 9 is. Indien meer inskrywings ontvang word, sal meer personeel aangestel moet word en sal meer klaskamers nodig wees.

Die skool sal voorlopig op Grootfontein se skouterrein gehuisves word, wat ideaal is omdat dit as ’n landbouskool nou met die landbou- en veeboerderygenootskappe in die Noorde kan saamwerk. Belangstelling is reeds van regoor Namibië, Botswana en die noorde van Suid-Afrika ontvang.

Dit word toegeskryf aan die feit dat kinders benewens die landbougerigte vakke in die leerplan ook al die gewone akademiese vakke sal kan neem wat hulle in staat sal stel om ná skool aan enige tersiêre instelling te gaan studeer.

Grootfontein is ideaal geleë vir so ’n landbouskool aangesien dit in die hartjie van die akkerbou-, wild- en veeteeltgemeenskap is. Kundiges is op elke gebied beskikbaar om onderwysers in die aanbieding van vakke by te staan.

Die skool sal ook ’n wye verskeidenheid sport- en kultuurbedrywighede buitemuurs aanbied. Onderhandelinge is reeds met sportklubs vir hul ondersteuning gevoer.

Ouers wat meer wil weet of aansoekvorms wil bekom, kan me. Wessels by 081 149 1249 skakel. Die skool se kantoor word tans vanuit die museum bedryf waar me. Wessels ook beskikbaar is.