
Dié kunstige 20-jarige jongman se droom is om volgende jaar kuns te studeer indien hy ’n beurs of borge kan kry om sy droom ’n werklikheid te maak. Johannes Josef is een van die wees- en kwesbare kinders wat by die Hope Children-sentrum op Tsumeb woon. Hy teken reeds sedert hy in graad 2 was, maar het eers sowat vier jaar gelede werklik sy talent ontdek. Johannes is tans ’n matriekleerling aan die Hoërskool Etosha en op skool behaal hy bogemiddelde punte. Hy was ook verlede jaar as een van vier toppresteerders by die sentrum aangewys. Tydens verlede jaar se Eisteddfod op Tsumeb het hy twee eerste plekke met sy tekeninge ontvang. Hy het vir mnr. Nelson Mandela (oudpresident van Suid-Afrika) en pres. Barack Obama geteken en onderskeidelik 95% en 96% daarvoor behaal. Hier wys Johannes ’n tekening van Pres. Hifikepunye Pohamba.