Noorderlig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.02.2010

Kilo 40

Padstal - Melkery - Slaghuis



VARS plaasmelk, biltong, vleis en selfs tuisgemaakte kase. Noem dit maar op en by Kilo 40 se padstal melkery en slaghuis kan dié produkte en nog meer gevind word. Die besigheid is 40 km noord van Otjiwarongo op die B1 hoofpad geleë en bestaan uit vier afdelings wat ’n winkel, slaghuis, melkery en boerderybedrywighede insluit.

In die winkel word alledaagse produkte soos koeldrank en vleisprodukte verkoop, sowel as Kilo 40 se eie vars plaasmelk, room, joghurt en tuisgemaakte kase. Verskillende groottes biltongpakke is ook in die winkel te koop en dit word op grootmaat aan ander padstalle en winkels tot so ver as Windhoek afgelewer.

Die winkel is daagliks van 08:00 tot 16:00 oop. Vleis word by omliggende boere en lodges vir die slaghuis aangekoop en op ’n gereelde basis word skaap en vark geslag. Die slaghuis voorsien die winkel van ’n groot verskeidenheid vars vleis asook restaurante en winkels wat wegneemetes op Otjiwarongo verkoop.

Kilo 40 voorsien ook op grootmaat vleis aan ander slaghuise en ondernemings. Aangesien Kilo 40 se biltongprodukte die beste in die omgewing is, word bestellings van so ver as Walvisbaai, Oshakati en selfs Keetmanshoop daarvoor ontvang. Die verpakking van vleis word volgens besighede se vereistes gedoen en indien dit nog vervoer moet word, kan dit ook vakuumverpak word.

Daarbenewens word die winkel deur die melkery van vars melk voorsien terwyl room, joghurt en verskillende tuisgemaakte kase gereeld gemaak. Die produkte word ook op grootmaat aan winkels en ander ondernemings op Otjiwarongo verskaf en Kilo 40 se melkprodukte is ook by Theo’s SuperSpar op die dorp te koop.

Veral die melk is gewild omdat dit suiwer volroom plaasmelk is en dikmelk ook daarvan gemaak kan word. Voorts doen Kilo 40 op Otjiwarongo gratis aflewerings op Maandae, Woensdae en Vrydae.

Bestellings moet 24 uur voor aflewering gemaak word. Alle besighede, restaurante, plekke wat wegneemetes verskaf en individue is welkom om navrae oor pryse te doen. Kontak Kilo 40 by 067 304 789 (winkel), Gerhard by 081 233 8795 of Sanet by 081 294 2375.