Jagluiperdwelpies volg in voetspore van Chewbaaka

Hoewel die vier jagluiperdwelpies nooit weer in die natuur vrygelaat kan word nie, voer hulle nou ?n rustige bestaan op CCF buite Otjiwarongo en hulle word gebruik om besoekers van die unieke katsoort te leer.

Senay, Kaijay, Tigerlilly en Peter se ma is geskiet toe hulle maar ?n paar dae oud was. Voordat die welpies moontlik uit die land gesmokkel kon word, het die Ministerie van die Omgewing en Toerisme ingegryp en hulle gekonfiskeer. Die welpies was drie weke oud toe hulle na CCF geneem is.

Omdat hulle met die hand grootgemaak is, kan hulle nie gerehabiliteer word nie, vertel dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van CCF. Hulle is nou 17 maande oud en sou in die natuur by hul ma gebly het totdat hulle twee jaar oud was.

Die vorige ambassadeur van CCF, Chewbaaka, het verlede jaar gevrek toe ?n hondsdol koedoe hom ernstig beseer het. Hy het op CCF aangekom toe hy maar tien dae oud was. Chewbaaka het ?n ernstige siekte onder lede gehad en in daardie tyd het hy en Marker ?n band gevorm wat nooit weer verdof het nie.

Wanneer die besondere kat se naam genoem word, kry Marker steeds trane in haar oë.

Chewbaaka, het sy gesê, het boere wat al tientalle jagluiperds doodgemaak het, oortuig om hul gewere te bêre wanneer dié diere ter sprake is.

Die nuwe ambassadeurs sal nooit die plek van die ?koning van CCF? inneem nie, maar hulle sal help om skoolkinders en volwassenes te oortuig dat ?n balans tussen mens en natuur wel kan seëvier.

?Namibië is die grootste wildlewe suksesstorie. Ons moet hierop voortbou,? sê Marker.

Kategorie: