22.7.2008
Gholfklub boer vooruit

DIE Otjiwarongo Gholfklub hou feitlik elke naweek ’n kompetisie en die borggeld vir kompetisies wissel van N$1 500 tot N$25 000. Volgens die klubkaptein, mnr. Dirk Potgieter (foto), het die klub 25 aktiewe lede, maar met die kompetisies neem tussen 30 en 40 spelers deel.   Lees meer

22.7.2008
Nie almal bereik klinieke
© Ellanie Smit

GOEIE gesondheidsorg in die Caprivi-streek word grootliks belemmer met kliniekdienste wat nie vir alle inwoners geredelik beskikbaar is nie. In die reënseisoen is klinieke grootliks buite bereik, alle klinieke beskik nie oor behoorlike kommunikasiekanale nie ...   Lees meer

22.7.2008
Rooikruisvereniging baie bedrywig in Caprivi
© Ellanie Smit

DIE Rooikruisvereniging is op Katima Mulilo besig met minstens vyf groot projekte om gemeenskappe in die Caprivi-streek by te staan. Volgens mnr. Mayaba Valks, ‘n tuissorg-koördineerder van die vereniging op Katima Mulilo, is die tuissorgprojek tans ...   Lees meer

22.7.2008
Steenmaker oorleef brand en vier sy tiende jaar

STEENPRODUKSIE by BCS op Otjiwarongo het byna permanent tot ’n einde gekom ná ’n brand by die aanleg op 11 November 2000, maar agt maande later was mnr. Walter Marko van dié besigheid weer in volle produksie. Vandag word meer as 25 000 stene per ...   Lees meer

22.7.2008
Jong Duitser wi OCCTC op Okakarara help uitbrei
© Theo Gurirab

DAAR bestaan ‘n toenemende politieke belangstelling vanuit Duitsland rakende die toekoms van die Okakarara-gemeenskap se Toeristesentrum (OCCTC) wat op 9 Julie ingewy is – asook oor die toekomstige rol wat hierdie sentrum in die Duits-Namibiese verhouding kan speel.   Lees meer

22.7.2008
Doepsraad gooi sy gewig in

DIE Okakarara Gemeenskap se Kultuur en Toerismesentrum (OCCTC) is amptelik op 9 Julie, 2008, op kleurryke wyse ingewy. Daarmee het die dorpsraad van Okakarara getoon dat hy hom beywer vir die bevordering van toerisme ten einde sy gemeenskappe en gemeenskapsgebaseerde inisiatiewe te bemagtig.   Lees meer

22.7.2008
Sentrum moet toerisme en versoening bevorder
© Theo Gurirab

DIE Duitse regering erken sy spesiale morele en geskiedkundige verantwoordelikheid teenoor Namibië in sy geheel. “As bewys dien die grootste ontwikkelingshulp wat in Afrika aan Namibië geskenk word,” het die ambassadeur van Duitsland, me. Ute König, ...   Lees meer

22.7.2008
Meulens 'n lewensaar

NAMIB Mills (Pty) Ltd is die vervaardiger van mieliemeel, koringmeel, pasta en mahangumeel in Namibië. Die onderneming het 26 jaar gelede met sy aktiwiteite in Windhoek begin en van daar uitgebrei na Otavi toe die aanleg in 1996 van Agra gekoop is. Die silo’ ...   Lees meer

22.7.2008
Sesfontein bly nie afgesny

DIE Damara/Namasprekende inwoners van Sesfontein en op die nabygeleë nedersettings het hulle tot Noorderlig gewend om namens hulle uit te vind hoekom hulle afgesny is van radio-opvangs, die enigste medium wat hulle met die buitewêreld verbind. Noorderlig het ...   Lees meer

22.7.2008
Vakleerlinge in groot getalle opgelei

DIE Namibiese Instituut vir Mynwese en Teg- nologie (NIMT) se noordelike kampus op Tsumeb beplan om oor ’n vierjaar-siklus tussen 800 en 1 000 vakleerlinge te akkommodeer. Die hoof, mnr. Matheus Jason, sê sedert die instituut sy deure op 1 September verlede jaar oopgemaak het, ...   Lees meer

22.7.2008
Geldsake nou nader in Omusati

EENSTOP finansiële diens in die Omusati-streek is ’n werklikheid vandat Old Mutual Namibia ’n tak op Outapi geopen het. Dit beteken dat inwoners nie meer die lang pad Oshakati toe hoef aan te pak om by hul naaste Old Mutual-tak uit te kom nie. ...   Lees meer

22.7.2008
Die aanskoulike tradisionele Herero-hutte
© Theo Gurirab

Die aanskoulike tradisionele Herero-hutte is by die Okakarara Gemeenskap Kultuur- en Toeristesentrum opgerig. Vanuit hierdie hutte is kos vir besoekers voorberei tydens die amptelike inwyding van die OCCTC.   Lees meer

22.7.2008
Outjo werk vir sy inwoners

OUTJO se begroting van N$16,8 miljoen in die 2007/2008 boekjaar is daarop ingestel om die dorp se aansien positief te verander en terselfdertyd ’n verbetering in inwoners se lewensom- standighede te- weeg te bring. Die totale begroting bestaan uit ’ ...   Lees meer

22.7.2008
Akkerbouers word bemagtig
© Theo Gurirab

DIE trekdierkrag-versnelprogram van die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou en die Namibië Akkerbouraad wat ook as die Draught Animal Power Acceleration Programme (DAPAP) bekend staan, doen wondere onder die agtergeblewe gemeenskappe in die platteland.   Lees meer

22.7.2008
Tsumeb moeg vir lakse amptenare
© Francois Poolman

DIE burgemeester van Tsumeb, mnr. Engel !Nawatîseb, sê munisipale werkers het ’n verantwoordelikheid om die inwoners van die dorp te dien en moet toesien dat hulle hul pligte nougeset nakom. Mnr. !Nawatîseb sê sommige amptenare skenk nie voldoende aandag ...   Lees meer

22.7.2008
Noorde staan op ná vloed
© Jan Poolman

’n AFVAARDIGING van die Verenigde Nasies (VN), die Rooikruisvereniging en die Kantoor van die Eerste Minister kom vandag in die Noorde aan om ’n ter plaatse ondersoek te doen oor die skade wat die afgelope vloed aan die gebiede gebring het. Die ...   Lees meer

22.7.2008
Ontmoet Otjiwarongo se baasversamelaar

PIET Retief se pyp wat meer as 170 jaar oud is, ‘n internasionale geskiedenis in sy oorspronklike vorm en waarvan hoofstukke en besienswaardighede oor Namibië die grootste deel uitmaak, is van die soeweniers in die groot kluis van mnr. Blok de Wet op Otjiwarongo.   Lees meer

22.7.2008
Projekte in die Caprivi

DIE grootste kopseer van die Caprivi- streekraad tans is sy begroting wat kort-kort gesny word en ontwikkeling in die streek belemmer. Volgens die goeweneur van die Caprivi-streek, mnr. Leonard Mwilima (foto), ontvang die streekraad ‘n begroting om sekere projekte aan te pak.   Lees meer

22.7.2008
Plantasies van ouds moet herleef
© Theo Gurirab

VOEDSELSEKERHEID binne die volgende sewe jaar is die wagwoord waarmee mnr. Daan Holtzhausen die toekoms in die verre Damaraland aandurf. ‘n Blink toekoms is dus vir die inwoners van Okuvare, Warmquelle en Sesfontein beskore mits hulle hul gewig agter mnr.   Lees meer

22.7.2008
Wildbedryf blyk baie gesond
© Dirk Heinrich

DIE agtste jaarlikse wildveiling van African Wildlife Services het die afgelope naweek op ’n hoë noot geëindig met rekordpryse vir minstens vyf verskillende dierspesies en goeie pryse vir wildsbokke in die algemeen. “Ons is baie ingenome met die opkoms en die uitslag van die veiling, ...   Lees meer

22.7.2008
Otjiwarongo vat vas op rugbyveld
© Andrew Poolman

’n MENS kan beswaarlik anders as om jou hoed af te haal vir die vasberadenheid van die individue wat sport op die platteland aan die gang hou. Otjiwarongo se rugbyklub is ‘n goeie voorbeeld. Die span was kortstondig boaan die punteleer van die Eersteliga se noordelike groep, ...   Lees meer

nuwe artikles   -   ou artikles