|
|
24.6.2008 Grootfontein se Ossewatoer |  “DIE osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hul skowwe – hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna.” So het Jan F.E. Celliers die Groot Trek in sy gedig “ ... Lees meer |
|
24.6.2008 Tsumeb-leerlinge presteer | TWEE leerlinge van Tsumeb Gimnasium is beurse by universiteite in Amerika aangebied nadat hulle ‘n goue medalje vir hul omgewingsnavorsingsprojkte tydens ‘n internasionale wetenskapexpo in Texas ontvang het.
Vroeg in Mei het Andries Bester ... Lees meer |
|
24.6.2008 Paresis Expo ’n fees | Die Paresis Expo, ‘n gemeenskapsorganisasie met die doel om die voormalige Otjiwarongo-skou tot nuwe hoogtes te voer, vind vanjaar tussen 10 en 13 September plaas. Volgens die voorsitter van die nuwe komitee, mnr. Ismael Howoseb, sal die komitee in samewerking ... Lees meer |
|
24.6.2008 Grootfontein se museum 'n kwarteeu oud |  DIE Alte Fort-museum op Grootfontein herdenk vanjaar sy 25ste bestaansjaar met ‘n funksie wat tydens die vieringe beplan word. ‘n Nuwe komitee onder voorsitterskap van mnr. Louis Steyn is verkies wat daadwerklike stappe wil doen om die inkomste vir die museum te verhoog. Lees meer |
|
24.6.2008 Fabupharm boer vooruit |  DIE vestiging van die Fabupharm farmaseutiese maatskappy op Otjiwarongo het ‘n groot leemte in die mark gevul met die vervaardiging van aanvaarbare generiese ekwivalente, toiletware preparate en voedingsaanvullings van die hoogste standaarde teen baie kompeterende pryse. Lees meer |
|
24.6.2008 Hoërskool Otjiwarongo kry nuwe rekenaars |  NAMPOWER het sowat N$40 000 se rekenaartoerusting aan die Hoërskool Otjiwarongo geskenk as deel van die maatskappy se maatskaplike verantwoordelikheidsprogram. Tydens die oorhandiging het die bestuurder van bemarking en korporatiewe kommunikasie van NamPower, mnr. Lees meer |
|
24.6.2008 Kommandowurms teister oeste |  ‘n REËNSEISOEN wat laat begin het, die uiteindelike impak van die vloed en kommandowurms gee voedselsekuriteit in die sentrale noordelike streke ‘n erge knou. ‘n Tekort aan trekdiere om landerye te ploeg (baie diere is in die vloed vrek) ... Lees meer |
|
24.6.2008 Otavi bedien Noorde met suiker |  CONSOLIDATED Sugar Industries Namibia op Otavi lewer vir die afgelope twaalf jaar suiker aan dorpe in die noordelike deel van die land. Die suiker kom in bale vanuit Zimbabwe en Suid-Afrika en word dan by die aanleg op Otavi in verpakŦkings wat wissel van 500g tot 50kg verpak en versprei. Lees meer |
|
24.6.2008 Blaauwberg verkoop duisende beeste | SOWAT 5 000 beeste word jaarliks deur Blaauwberg Afslaers op Grootfontein verkoop. Die lewendehawe-beampte van Blaauwberg, mnr. Gillie Bassingthwaighte, sę dat daar twee veilings per maand gehou word en dat gemiddeld 500 beeste tydens ‘n veiling verkoop word. Lees meer |
|
24.6.2008 Munisipale tariewe styg |  MUNISIPALE tariewe op Grootfontein styg gemiddeld met 10 persent met ingang van 1 Julie vanjaar. Dit sluit onder meer eiendoms-en hondebelasting, riool, sanitasie en water in. Bouplantariewe sal egter met 15 persent styg. Om die behuisingstekort op die dorp te verlig, ... Lees meer |
|
24.6.2008 Boere moet kan bestuur |  GOEIE bestuursvermoë en organisering is kardinaal vir boere om met die stygende insetkoste kop bo water te hou. Dit is die mening van mnr. Louis Steyn van die plaas Frauenlob naby Grootfontein wat vanjaar as die meesterakkerbouer aangewys is.
Mnr. Steyn ... Lees meer |
|
24.6.2008 Koperfees kry nuwe gesig |  DIE Tsumeb Koperfees gaan nou na ses jaar ‘n nuwe baadjie aantrek om beleggers na die dorp te lok. “Die gesig en die naam van die Koperfees, wat vanaf 29 Oktober tot 1 November hierdie jaar gaan plaasvind, gaan vanaf volgende jaar verander,” het mnr. Lees meer |
|
24.6.2008 Skuld demp ontwikkeling | DIE Otjiwarongo munisipale raad het ‘n begroting ter waarde van meer as N$55,5 miljoen vir die 2008/2009 finansiële jaar goedgekeur met sowat 83 persent wat vir operasionele uitgawes gebruik gaan word en 17 persent op kapitale projekte.
Sekere tariefaanpassings ... Lees meer |
|
24.6.2008 Webwerf vir primęre skool |  TE danke aan The Empowerment Centre, ‘n IT-opleidingsinrigting op Tsumeb, het die Primęre Skool Nomtsoub een van die eerste voorheen be- nadeelde skole in die Oshikoto- streek geword om sy eie webwerf te loods. Meer nog het die skool weg- gedoen met ... Lees meer |
|
24.6.2008 Rugby weer op koers |  NA drie jaar is die Otjiwarongo rugbyklub weer terug op koers. “Ons het die afgelope drie jaar beserings opgedoen wat die span se motivering vir die spel gedemp het,” het mnr. Fanie Badenhorst (Jr), tesourier van die Otjiwarongo rugbyklub, gesę. Lees meer |
|
24.6.2008 Tsumeb Lionsklub |  Die Tsumeb Lionsklub het onlangs sy jaarlikse vlooimark by die Le Platz-winkelsentrum op die dorp gehou. Lede het verskeie stalletjies beman waar artikels wat deur inwoners geskenk is, soos klere, te koop was. Die opbrengs is ten bate van die klub se gemeenskapsprojekte. Lees meer |
|
24.6.2008 Mooiste minerale |  DIE Mineral Gallery op Tsumeb is in Oktober 2002 saam met die Koperfees deur Ongopolo begin en is in die Leonhardt-gebou gehuisves. Die gebou dra daardie naam nadat ene G.A. Leonhardt die huis omstreeks 1923 gebou het en deur Duitse soldate as oornagakkommodasie gebruik. Lees meer |
|
24.6.2008 Juniors oorheers weer vrouegholf |  DIE Tsumeb gholfklub het ongeveer 50 lede wat ook spelers van Grootfontein, Otavi, en Oshakati insluit en is aktief met ongeveer 22 kompetisies wat jaarliks daar aangebied word. Die Bank Windhoek Noordelike Ope het op 7 en 8 Junie plaasgevind en 73 spelers ... Lees meer |
|
24.6.2008 Grootfontein is nou vol gholf |  GHOLF op Grootfontein is besig om goed op dreef te kom, veral met junior gholf wat deur meer jong mense op die dorp begin speel word. “Vir ’n klein dorpie soos Grootfontein is 40 kinders baie wat by gholf betrokke is,” het mnr. Steffi Weyand ... Lees meer |
|
24.6.2008 Tsumeb rol vorentoe |  NA die sukses van die Noordelike Klassieke Ope Rolbaltoernooi kyk die Tsumeb rolbalklub net vorentoe. Daar was 12 genooide klubs vanoor die hele land wat vanaf 24 tot 26 Mei aan die ope op Tsumeb deelgeneem het. “Elke span het agt spelle gespeel en aan ... Lees meer |
|
|