|
|
27.5.2008 Ronaldo is wenner van bakkie |  ‘Build it’, ‘n maatskappy wat bekend is vir handel in hardeware, se "Wen ‘n bakkie-veldtog" het verlede jaar in Suider-Afrika afgeskop, waar die maatskappy meer as 240 winkels het. Die kettingwinkelgroep het die streek in ses sones ... Lees meer |
|
27.5.2008 Jeugkonferensie kom vir Kunene-streek | DIE kantoor van Kamanjab-kiesafdeling in samewerking met die streek se jeugkantoor op Khorixas, beplan ‘n streekjeugkonferensie vir die 6 Junie. Verskeie ontwikkelingsaangeleenthede wat die jeug raak, gaan tydens die geleentheid bespreek word, terwyl ... Lees meer |
|
27.5.2008 Katvrou kry klop op skouer |  DR. Laurie Marker, die vrou wat die lot van Namibië se jagluipers wêreldnuus gemaak het, is deur die toonaangewende Dierevereniging van San Diego vereer vir haar lewenslange bydrae tot die bewaring van dié spesie.
Dr. Marker, uitvoerende direkteur van ... Lees meer |
|
27.5.2008 Kristof Aipanda van Ombalantu begrawe |  MNR. Kristof Aitula Aipanda (61), ‘n lid van die Ombalantu se koninklike familie wat die inwoners se hoop was vir die herstel van die stam se koninklike huis na sowat 100 jaar, is onlangs dood en is verlede Woensdag sonder veel seremonie op Onakayale ter ruste gelê. Lees meer |
|
27.5.2008 Lala Panzi beur weer op |  DIE spoglodge Lala Panzi, sowat vyf kilometer van Grootfontein, is weer besig om op sy voete te kom ná dit verlede Desember afgebrand het. Bouwerk is al dakhoogte en sal na verwagting teen die middel van Junie klaar wees vir die heropening van die lodge.
Lala Panzi sal nou oor ’ ... Lees meer |
|
27.5.2008 Siektes se oorgrens-reise van en na Angola bespreek | DIE gesamentlike gesondheidsprobleme wat oorgrens tussen Namibië en Angola gedra kan word, soos cholera en ander oordraagbare siektes soos tuberkulose, MIV en vigs, polio of malaria, gaan in Julie tussen gesondheidverteenwoordigers van Namibië en Angola by Univa in die Cunene- ... Lees meer |
|
27.5.2008 Hoofman wil lei en dien |  “EK verkies om ‘n arm, maar ‘n dienende leier te wees wat toeganklik is vir my volgelinge en ook ‘n leier wat die mense wat ek lei en die ander respekteer,” het die nuutaangewese opperhoof van die #Aodaman, senior hoofman Petrus Uukongo, ... Lees meer |
|
27.5.2008 Ohorongo-sementprojek kry groen lig | Die Ohorongo-sementprojek, ‘n gesamentlike onderneming by Sargberg naby Otavi, het goedkeuring vir hul omgewingsbewaringsplan van die Namibiese regering ontvang. Die jongste verwikkelinge het Ohorongo Cement nou in ‘n posisie geplaas om daadwerklik met konstruksiewerk te begin. Lees meer |
|
27.5.2008 Myn sink tande in vele projekte |  VERSKEIE projekte is deur Weatherly Mining Namibia van stapel gestuur om afvalstowwe uit die verwerking van koperkonsentraat op Tsumeb optimaal te gebruik. Terselfdertyd het dié mynmaatskappy bekend gemaak dat die direksie besluit het om nie voort te gaan ... Lees meer |
|
27.5.2008 Voetslaan en fietstrap vir hul medemens |  ’n GROEP stappers gaan 160 km aandurf, terwyl ’n paar fietsryers kort op hul hakke sowat 2 000 km gaan aanpak en dit alles vir liefdadigheid in die Noorde. Die stappers, bestaande uit mnre. Lex Austin, Johnny Foughts, Jaco Vermeulen en me. Daleen Vermeulen, ... Lees meer |
|
27.5.2008 Bussie help in stryd teen TB |  DIE Mangetti Duin tuberkuloseprojek het ‘n splinternuwe bussie van die Rotariërklub op Otjiwarongo ontvang nadat verskeie van dié klubs saamgespan het om geld daarvoor in te samel. Mnr. Erhard Krause, ‘n lid van ‘n Rotariërklub in Duitsland, ... Lees meer |
|
27.5.2008 Die Tsumeb Rolbalklub |  Die Tsumeb Rolbalklub lewer goeie spelers, jonk en oud, wat die klub kompeterend in Namibië maak. Marietjie du Preez het Namibiese kleure verwerf, terwyl die 78-jarige Tito Kamber as ’n veteraan die land in November verlede jaar in die Kaap verteenwoordig het. Lees meer |
|
27.5.2008 Hansa-beker bly in Noorde |  VIR ‘n tweede jaar in ‘n ry pronk die gesogte Hansa Pilsener-beker in die vertoonkas van spanne in die Noorde. Verlede jaar het Onambula United van die Omusati-streek gewen en vanjaar is dit United Stars van Rundu wat die blink trofee en prysgeld van N$90 000 ingepalm het. Lees meer |
|
27.5.2008 Otjiwarongo sit beste voet voor |  IN Otjiherero beteken Otjiwarongo “die plek waar die blink beeste wei”. Te oordeel aan die groot sukses van die afgelope naweek se reuse-saamtrek op die dorp vir die jaarlikse nasionale wintersportbyeenkoms vir privaatskole, sou Otjiwarongo ewe maklik sy naam kon verander na “ ... Lees meer |
|
27.5.2008 #Aodaman se geskiedenis word kleurryk oorvertel b | DIE kleurryke geskiedenis van die fiere #Aodaman, ’n subgroep van die Damaras, is onlangs tydens die inhuldiging van hul eerste erkende tradisionele leier deur die historikus en oudonderwyser, mnr. Festus !Aseb, vir volksgenote en ander genooide gaste geskets. Lees meer |
|
27.5.2008 Rooikruis help red menselewens |  ‘n STEUNPILAAR in tyd van nood wat sy roeping gestand doen en wat die besigste organisasie is om die cholera-uitbreking in die Kunene-streek te bekamp en daarmee menselewens te red, is die Rooikruisvereniging.
Die vereniging het 33 gemeenskapsberaders in die ganse Kunene- ... Lees meer |
|
27.5.2008 Probleme by lykhuis op Kamanjab duur voort |  KAMANJAB se lykhuis is nog steeds nie ‘n aangename plek vir die naasbestaandes om hul gestorwe familielede te berg voor die begrafnis nie. Die feit dat die dorp se inwoners verlede jaar daaroor betoog het, het nog nie ‘n oplossing opgelewer nie. Lees meer |
|
27.5.2008 Koshuise by Sesfontein opgeknap |  DIE haglike toestand van koshuis van die Gekombineerde Skool Elias Amxab op Sesfontein wat verlede jaar in die media was, sal binnekort iets van die verlede wees. Die direktoraat van onderwys in die Kunene-streek het ‘n toekenning van N$50 264,17 van ... Lees meer |
|
27.5.2008 Tsumeb-myn ontwerp sy eie ventilasie |  AMBAGSMANNE op Tsumeb het die eerste groot waaier wat ondergronds in die Tsumeb Wes-myn aangeskakel is, van die grond af ontwerp en gebou. Die baanbrekerswerk is gedoen nadat ambagsmanne wat in verskillende ambagsrigtings gekwalifiseer het, hul kragte saamgesnoer het. Lees meer |
|
27.5.2008 Groot planne vir Okakarara |  ELEKTRISITEITSVOORSIENING aan die Okaepe-projekskool waar 300 San-kinders in ’n koshuis bly, asook die installering van outomatiese tellermasjiene op Okatjoruu, Okondjatu en Okamatapati is uiters dringende prioriteite, sê die kantoor van die Okakarara-kiesafdeling. Lees meer |
|
|