22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Hoë lof vir talentvolle meisies

© Verskaf
Die sanger Michelle Jacobs tree vanjaar by die Visfees op nadat sy met haar deelname aan die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste naam gemaak het.
DRIE Namibiërs het na die eindronde van die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles deurgedring. Shinéne Steyn en Michelle Jacobs van Otjiwarongo en Nadine Baas van Windhoek het op 7 Julie na die VSA vertrek en met deelnemers van 52 ander lande by die eisteddford meegeding.

Die leerlinge het gesing of gedans en van die begin af aanhangers gewerf toe hulle in 2009 reeds arms vol toekennings in die kompetisie behaal het. Die eerste rondte waartoe die meisies deurgedring het, was die eisteddford gala-aand wat op Tsumeb gehou is.
© Verskaf
Nadine Baas het in die kategorie 8 tot 10 jaar twee silwer- en twee bronsmedaljes na Namibië teruggebring.
Hier het hulle die eer te beurt geval om vir deelname aan Beyond 2000 op Rustenburg gekies te word. Nadat Michelle twee goue- en tweesilwer medaljes gewen het, Nadine twee silwer- en twee bronsmedaljes en Shinéne drie gouemedaljes, een silwer en die trofee vir die beste danser van die Namibiese span, was hul pad behoorlik geplavei.
© Verskaf
Shinéne Steyn vertoon een van vyf danse wat sy by die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Amerika uitgevoer het.
Hulle het vir deelname aan die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles gekwalifiseer. Shinéne het ’n silwermedalje vir haar Acro-dans verwerf asook ’n eenjaar beurs by die Millennium Dance Complex ter waarde van N$160 000 losgeslaan.

Dieselfde akademie het vir groot name soos Justin Timberlake, Christina Aguilera, Alicia Keys en nog vele ander die deurbrake in hul loopbane gebied.

Die graad 11-skolier is ywerigom die geleentheid aan te gryp en ná haar skoolloopbaan na Amerika te vertrek. Uit meer as 3 500 dansers is slegs 5 beurse toegeken en Shinéne is een van die handvol wêreldwyd wat nou daarmee kan spog.