
Raadslid. S. /Uiseb van Grootfontein aan die woord tydens Wêreldjeugdag.
DIE jeug van Grootfontein het Wêreldjeugdag op 12 Augustus gevier. Raadslid /Uiseb het gesê die vieringe staan uit bo vorige jare omrede die Verenigde Nasies op 9 Desember 2009 Wet A/RES/64/134 aangeneem het. Die wet bepaal dat die Internasionale Jaar vir Jeug op Wêreldjeugdag ’n aanvang sal neem.
Die tema van die jaar is “Ons jaar, ons stem”.
Raadslid /Uiseb het gesê die Raad heg hoë waarde aan gesprekvoering onder die jeug van verskillende agtergronde en kulture, sowel as verskillende generasies.
“Hierdie geleentheid is ’n viering van jul energie, entoesiasme, verbeelding, kreatiwiteit en innovering.”
Vanjaar se klem is op die krag van kommunikasie as hulpmiddel tot vrede, stabiliteit, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Onderwysers, skoliere en ander belanghebbendes van die Grootfontein distrik het die geleentheid bygewoon.