
Persele aan die oostekant van die hoofstraat op Grootfontein is beskikbaar gestel vir straatsmouse, maar word nie na behore benut nie omdat straatsmouse nie vir ‘n perseel wil betaal nie en in die middedorp wil handeldryf.

Straatsmouse neem Grootfontein se strate oor, veral aan die einde van die maand en lewer geen ekonomiese bydrae tot die dorp nie aangesien hulle geen fooie betaal vir die terrein en geen btw betaal nie. Hulle kom met bakkies van elders en verdwyn weer net so vinnig met die geld wat uit Grootontein se gemeenskap kom.

Oral op die sypaadjies belemmer straatsmouse die normale voetgangerverkeer en mense wat daar saamdrom word ‘n veiligheidsrisiko. Sulke smouse betaal nie vir die staanplek nie en registreer ook nie.