DIE Alte Fort-museum op Grootfontein herdenk vanjaar sy 25ste bestaansjaar met ‘n funksie wat tydens die vieringe beplan word. ‘n Nuwe komitee onder voorsitterskap van mnr. Louis Steyn is verkies wat daadwerklike stappe wil doen om die inkomste vir die museum te verhoog.
“Ons is afhanklik van geldinsamelingsveldtogte en toegangsgeld wat betaal word deur mense wat die museum besoek. Die museum is daagliks tussen 09:00 en 17:00 oop en kan op naweke op spesiale versoek ook besoek word. Die tariewe is N$25 vir volwassenes, N$15 vir kinders en toergroepe, N$20 vir studente en N$30 per persoon oor naweke.”
Die ander komiteelede is Sandie Menne, Judith Helwig, Antoinette Zahradnicky en Herman Stroh. Die fort wat die museum huisves, was deur die Duitse Schutztruppe gebou wat teen die Herero’s oorlog gemaak het en die geskiedkundige gebou het ook as ‘n uitkyktoring oor die dorp gedien.
Die museum dek ‘n wye spektrum van interessanthede wat wissel van items oor die verskillende kulture in Namibië, die geskiedenis van die dorp wat die Republiek van Upingtonia insluit, die Dorslandtrekkers, ou boerdery- items en die geskiedenis van Namibië.
“Die artikels is skenkings van mense uit die gemeenskap asook van individue wat van die items beskikbaar gestel het. Sommige van die skenkings bly die eiendom van die betrokke skenker,” sê mnr. Steyn.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.