
Van Grootfontein se junior gholfspelers.
GHOLF op Grootfontein is besig om goed op dreef te kom, veral met junior gholf wat deur meer jong mense op die dorp begin speel word. “Vir ’n klein dorpie soos Grootfontein is 40 kinders baie wat by gholf betrokke is,” het mnr. Steffi Weyand van die komitee vir junior gholf op Grootfontein gesê.
Volgens hom het junior gholf op Tsumeb begin en van daar het dit na Grootfontein oorgewaai. Junior gholf is vyf maande gelede op die dorp begin en kinders oefen by ’n oefenveld wat langs die rugbyklub ingerig is vanwaar hulle van die bof afslaan. Mnr. Weyand het gevra dat mense met tweedehandse gholfstelle dit na die Namibiese Junior Gholfstigting in Windhoek stuur.
Hy sê dit kan dan weer aan die streke beskikbaar gestel word om te help met die ontwikkeling van gholf onder die jeug. Dit is egter nie net die jeug wat op die dorp gholf speel nie, maar ook hul ouers. Die Tsumeb gholfklub het ook skyfskiet en kleiduifskiet onder sy vlerk geneem.
“Na 15 jaar het die gholfbaan GHOLF op Grootfontein is besig om goed op dreef te kom, veral met junior gholf wat deur meer jong mense op die dorp begin speel word. “Vir ’n klein dorpie soos Grootfontein is 40 kinders baie wat by gholf betrokke is,” het mnr. Steffi Weyand van die komitee vir junior gholf op Grootfontein gesê. Volgens hom het junior gholf op Tsumeb begin en van daar het dit na Grootfontein oorgewaai.
Junior gholf is vyf maande gelede op die dorp begin en kinders oefen by ’n oefenveld wat langs die rugbyklub ingerig is vanwaar hulle van die bof afslaan. Mnr. Weyand het gevra dat mense met tweedehandse gholfstelle dit na die Namibiese Junior Gholfstigting in Windhoek stuur.
Hy sê dit kan dan weer aan die streke beskikbaar gestel word om te help met die ontwikkeling van gholf onder die jeug. Dit is egter nie net die jeug wat op die dorp gholf speel nie, maar ook hul ouers. Die Tsumeb gholfklub het ook skyfskiet en kleiduifskiet onder sy vlerk geneem. “Na 15 jaar het die gholfbaan