29.11.2011 Glasverskaffer ken sy storie
GECKO GLASS cc, ’n nuwe glasverskaffer op Otjiwarongo, het op 1 November sy deure geopen en verskaf van motorruite tot vensterruite.
Hulle verkoop Grandmark- produkte en die produk is SABS, Emerk en DOT-merk goedgekeur.
Grandmark Glass se motorruite is splintervas (“shatterproof”).
Hulle probeer om alle ruite van die voertuig te voorsien, asook die rubber en skuifruite. Die werk word tot bevrediging van die kliënt gedoen en word in ’n veilige werksarea uitgevoer.
Gecko Glass cc is by die plaaslike versekeringsmaatskappye geregistreer en alle belangstellendes is welkom om ’n kwotasie aan te vra.
Die onderneming bied mededingende pryse en ’n goeie gehalte diens.
Hulle kan ook vensterglas sny en dit insit. In die toekoms beoog hulle ook om spieëls en veiligheidsglas te sny.
|