Gateway Holdings

GATEWAY Holdings, soos dié suksesvolle onderneming vandag genoem word, dryf al sedert 2003 handel op Tsumeb. Tydens ’n onderhoud met mnr. Lucas Boshoff het hy gesê dat Gateway in Februarie 2003 aanvanklik as ’n Engen-vulstasie en ’n Wimpy sake begin doen het. Soos mnr. Boshoff dit stel: “Die beginjare was maar taai, want ons was dom. Maar danksy die hulp en ondersteuning van my mede-direkteur, mnr. Richard Himmel, veral in die beginjare, kon ons genadiglik kop bo water hou.” Met die hulp van En- gen Namibia het Gateway in November 2007 ’n tweede vulstasie by die Le Platz-inkoopsentrum geopen. Mnr. Boshoff sê dat beide vulstasies baie goeie ondersteuning geniet van die plaaslike sowel as reisende publiek en hy wil graag hul waardering teenoor hulle getroue kliënte uitspreek. By albei vulstasies word ’n verskeidenheid produkte en dienste gelewer. In Augustus 2008 het die maatskappy ’n her- strukturering ondergaan om diversifisering in die bedrywighede te akkommodeer.

Mnr. Boshoff sê dat die pro- ses noodsaaklik was om beter struktuur te bied, geleenthede vir lojale kollegas te verskaf en om beter geposisioneer te wees vir toekomstige uitdagings. Gateway Holdings bestaan vandag uit vier afdelings: Properties, Retail, Trading en Safaris.

Kategorie: