22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Duitse karnaval weer kleurvolle vertoning

© Annatjie du Plessis
Een van die vlotte tydens die Tsumka.

DIE jaarlikse Duitse Karnaval, die Tsumka, het aan die einde van Julie weer vir groot vermaak op Tsumeb gesorg. Paul Ströh en sy vrou Edith is as die prinsepaar gekroon terwyl Heini en Kim Lusse hul kroon afgegee het.

Die Büttenabend, die tradisionele biervaatjie-aand, is ook tot groot vermaak van al die teenwoordiges gehou. Op die Saterdag was die vlotte en die optog die groot aantrekkingskrag waar Tsumeb se besighede saamsnoer om die dorp in ’n optog van feestelikheid en vertoon te omskep en terselfdertyd om die prys van die wenvlot meeding.

Die wenvlot was vanjaar die een van Powerline Africa – heel gepas met die seekat wat die toekoms voorspel. As deel van die fees is die Kika, die kinderkarnaval, ook aangebied.

Die kleingoed kon dans en speel terwyl die senior inwoners lekker gesellig saam verkeer en die jongklomp se manewales geniet het.