22.5.2012
 Argiewe:

Noorderlig


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.02.2010

Cenored belê groot

© Francoise Steynberg
Cenored se uitvoerende bestuurder van tegniese dienste, mnr. Raimu Bauer (links), en die hoof uitvoerende beampte, mnr. Mburumba Appolus, aan die agterkant van die nuwe tegniese sentrum.

CENORED se tegniese sentrum het ’n hupstoot gekry met sy nuwe kantore ter waarde van sowat N$6,1 miljoen wat vir die doel in gebruik geneem is. Die gebou vir die tegnici, wat op sowat 4 000 vierkante meter opgerig is om die werkgehalte van Cenored te verbeter, huisves ingenieurs, tegnici, elektrisiëns, stoormanne en ’n bestuurder van tegniese bedryf.

© Francoise Steynberg
Me. Dorkas Kamati en mnr. Tostao Shikongo is in beheer van die nuwe ruim stoorkamer by Cenored se tegniese sentrum.
Aan die hoof staan die uitvoerende bestuurder van tegniese dienste, mnr. Raimu Bauer. “Ons het ook sowat N$15 miljoen se toerusting by ons nuwe tegniese kantore wat noodsaaklik is om doeltreffende dienslewering vir Cenored se kliënte te verseker. Ons het die erf van die Otjiwarongo munisipaliteit gekry en het konstruksiewerk op so ’n manier laat doen dat die maatskappy sowel as ons kliënte die beste voordeel daaruit kan trek.”

In die verband is daar ruimte vir die parkering van maatskappyvoertuie, afvalmetaal, ’n stoorplek, werkswinkel en selfs ’n minisubstasie in noodgevalle.

Dit het meegebring dat die Cenored-kantoor in Bahnhofstraat op Otjiwarongo afgegee is. “Hierdie nuwe belegging wat ons gemaak het, is ’n duidelike bewys dat Cenored tot die ontwikkeling van Otjiwarongo verbind is. So kan die maatskappy ’n aktiewe rolspeler in die ekonomiese groei van die dorp word. Die kantore het selfs ’n moderne beheerkamer en ’n ontspanningsarea,” het die hoof uitvoerende beampte van Cenored, mnr. Mburumba Appolus, gesê. Cenored se tegniese kantore is op die hoek van Dr. Libertina Amathila- en Getrud Kandanga-strate langs die werkplek van die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC).