23.02.2010 Bank Windhoek trek nuwe baadjie aan
 Die ontwikkelaar van die nuut-opgeknapte Bank Windhoek-gebou, mnr. Richard Himmel van Oshikoto Properties, word bedank deur die takbestuurder, me. Johanna Strauss.
BANK Windhoek se Tsumeb-tak het ’n splinternuwe baadjie aangetrek nadat dit nuut opgeknap is. Die tak het in 1995 met slegs vier personeellede geopen en sedertdien van krag tot krag gegaan tot ’n groot korporatiewe tak met 18 personeellede.
“Sedert ek as takbestuurder in 2005 begin het, het die bateboek vervierdubbel,” sê me. Johanna Strauss. “Ons het ’n ongelooflike hardwerkende en vriendelike span met ’n passie vir ons werk en Bank Windhoek.” Sy sê die tak se sukses kan toegeskryf word aan hul oopdeurbeleid. “Kliënte voel gemaklik hier en word met hartlikheid en warmte verwelkom.”
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|